My skoondogter kan ‘n lekker aartappelgereg maak. So lekker dat manlief gereeld hoop dat ek dit ook kan doen. Maar wat is nou lekker daaraan om dit so goed soos sy te kan doen? Dan geniet hy die kos mos nie so baie soos wanneer ons by seun en haar eet nie. Maar hy probeer gereeld.
Lees voort “Resep vir aartappelgereg in Almaty”Kategorie: Reisjoernaal
Coffee Boom Dostyk Plaza Almaty
Ons het gesē ons gaan nie elke keer by dieselfde plek eet nie, want hier is soveel restaurante in Almaty. Wel … ons is al verkeerd bewys.
Lees voort “Coffee Boom Dostyk Plaza Almaty”As mens jou paspoort nodig het om bier te koop …
Donderdagaand gee ons ons paspoorte vir die HR bestuurderes, ons visums verval amper en ons moet dit opdateer. Dit is belangrik, mens wil nie sonder ‘n visum in ‘n vreemde land wees nie. Ons gaan so week sonder visums wees, dalk selfs langer.
Lees voort “As mens jou paspoort nodig het om bier te koop …”Berton Oolong tee … nuwe lekkerte ontdek
Ek dink blogvriendin Anne gaan van hierdie tee hou. Dit is juis sy wat my oortuig het om Earl Grey tee weer ‘n kans te gee. Nou drink ek selfs Bergamot tee as ek nie lus is vir ‘n vrugte geur nie.
Lees voort “Berton Oolong tee … nuwe lekkerte ontdek”Om garing in Almaty te kry is soos om ‘n naald in ‘n hooimied te soek …
Ek het toe die materiaal vir die romp en bloes gekry. En dit lyk my ek het te lanklaas klere gemaak. Want ek stap nooit uit ‘n materiaalwinkel sonder die regte kleur garing in my sakkie nie. Die keer het ek wel. Miskien omdat manlief saam was?
Lees voort “Om garing in Almaty te kry is soos om ‘n naald in ‘n hooimied te soek …”Lapwinkel in Almaty Qazaqstan
In Ust’-Kamenogorsk was dit ‘n stryd om materiaal te koop. Ek kon twee piepklein plekkies opspoor, elkeen met minder as twintig keuses van lap. Tog kan mens ‘n naaimasjien in elke liewe winkel koop, van Sulpak tot Mechta tot Technodom – die groot winkels wat toestelle en huisware en tegnologie verkoop.
Lees voort “Lapwinkel in Almaty Qazaqstan”