Toe ons einde Januarie 2020 wildvreemd in Kazakhstan geland het, het die een tolk van Almaty ons gehelp om die week gemakliker om te kry. Sy het vir ons getolk. En so het ‘n band oor internasionale grense heen gevorm. ‘n Vriendskap met een van die jong vrouens van Kazakhstan.
Lees voort “Inkopies vir my hare saam met ‘n Koreaanse vriendin”Kategorie: Reisjoernaal
Forest – heerlike restaurant oorkant die straat
Woensdagaand neem ons twee Dusty vir ‘n was. Sy moet staan vir foto’s want ons moet haar verkoop. Ons gaan huis toe. Permanent. En sy kan nie saam gaan nie. Dit sal nie die moeite werd wees om haar in te voer nie.
Lees voort “Forest – heerlike restaurant oorkant die straat”Skrik ek my koud vir ‘n boer by die Green Bazaar in Almaty
So vertel die gids Vrydag vir my dat ek Saterdae en Sondae tussen 6 en 8 na die mark moet gaan. Om groente en vrugte direk by die boere te koop.
Lees voort “Skrik ek my koud vir ‘n boer by die Green Bazaar in Almaty”Maggi maak van my ‘n bobaaskok in Almaty
Ek het al vertel dat die beesvleis hier baie taai kan wees. Ook dat die HR bestuurderes my geneem het om te sien hoe mens vleis op die mark koop. En toe ek vra hoe mens die twee snitte gaarmaak, het sy my verras aangekyk en geantwoord: Jy kook dit vir ses ure.
Lees voort “Maggi maak van my ‘n bobaaskok in Almaty”‘n Oggend in Almaty se metro stasies
Dit is reg, jy lees reg. Almaty het ‘n ondergrondse moltreinstelsel. Die treinstelsel is nie baie lank nie, maar hulle beplan om goed uit te brei teen 2035. Mooi is dit beslis.
Lees voort “‘n Oggend in Almaty se metro stasies”Kazakhstan se 5 in 1 yurts as antwoord op Russiese poppies
Toe ek onlangs my huisie op die denkbeeldige Rebusfontein moes gaan opknap en naam gee, het ek besluit op ‘n yurt. Die ronde tente kenmerkend aan Kazakhstan.
Lees voort “Kazakhstan se 5 in 1 yurts as antwoord op Russiese poppies”