Ek lees die naweek ‘n mede-blogger se artikel oor blogging. Wat sal die regte Afrikaans wees? Ek dink nie ek hou van ViVa se “werfjoernalis” vir blogger nie, my blog is nie ‘n werf nie. Werf het ‘n ander betekenis as jy op ‘n plaas grootgeword het. Daar is nie ‘n voorstel vir blogging nie. Ek gaan sommer net blog en blogger en blogging gebruik. Alhoewel hierdie blog my persoonlike joernaal is.
Lees voort “Waarom lees jy my blog?”Skrywer: Dr Christa van Staden
‘n Seder het in ons Kruin gemeente geval
Gisteroggend kry manlief die boodskap van die ouderling – ‘n groot boom in ons gemeente het geval – oom Jan Hatting is vanoggend vroeg oorlede.
Lees voort “‘n Seder het in ons Kruin gemeente geval”Krabbelbloekoms se pragtige stamme
Ek loer vandag na Bushboy se foto’s wat hy vir Cee se “tree or part of tree” uitdaging ingeskryf het. En raai wat sien ek? Die stam van ‘n boom wat lyk asof iemand daarop gekrap het. Die foto is swart en wit, maar die gekrabbel trek my.
Lees voort “Krabbelbloekoms se pragtige stamme”Toe verskil ons wors en Kazakhstan s’n nie so baie soos ek gedink het nie …
Ek het al vertel dat mens vleis in Kazakhstan baie anders as in Suid-Afrika koop. Jy koop dit by die mark – Fresh Market – direk van die boere af. Daar is afdelings vir bees, skaap, hoender en perd – en in sommige van die markte is ook afgesonderde hokkies vir vark – hulle is Moslems, maar baie eet wel varkvleis.
Lees voort “Toe verskil ons wors en Kazakhstan s’n nie so baie soos ek gedink het nie …”‘n Droom oomblik op Kazakhstan koppie in Ust’-Kamenogorsk (Öskemen)
Hierdie foto is op 16 Mei 2020 geneem, een van die eerste naweke nadat Kazakhstan ons weer toegelaat het om ons huise te verlaat. Kazakhstan en Suid-Afrika so saam-saam middel Maart 2020 besluit om hulle bevolkings binnenshuis te beperk om die verspreiding van die SARS-CoV-2 virus te beperk.
Lees voort “‘n Droom oomblik op Kazakhstan koppie in Ust’-Kamenogorsk (Öskemen)”Ysige nag langs die Vaal …
Ons het mos die naweek uit ons stadshuis getrek – sy is basies verkoop. Ek het gister daarvan vertel. Ons het Saterdagaand by dollatjie gaan slaap. En Sondagoggend die pad veel vroeër as gewoonlik gevat omdat hulle ander verpligtinge gehad het.
Lees voort “Ysige nag langs die Vaal …”