Ek was van Donderdag af stil. Doodstil. Want ek het ‘n wilde naweek agter die blad. En ek voel vandag eers half mens. Steeds doodmoeg. Miskien omdat ek die hele dag gesukkel het om ‘n artikel vir ‘n bloguitdaging te skryf. Nou goed, nie die hele dag nie, maar tot naby 11 uur nadat ek net na vyf al begin het. Omdat die blok-redigeerder van WordPress ‘n nagmerrie is. In my boek voel dit soos ‘n hele dag.
Lees voort “Ons is te besig om huis te groet …”Skrywer: Dr Christa van Staden
Weerkaatsings op die Irtish in Öskemen
My dogter gesels nou die dag so dat party mense van berge hou en ander van die see. Ek vermoed dat ek van water hou. Soos wat hierdie foto getuig.
Lees voort “Weerkaatsings op die Irtish in Öskemen”Blinde eweknie-beoordeling – ‘n interessante proses
Maandag kry ek weer ‘n boodskap van ‘n wildvreemde professor van ‘n iniversiteit waarvan ek nog net gelees het in my inboks – sal ek vir ‘n internasionale vaktydskrif ‘n eweknie beoordeling doen? Ek kyk na die ou e-posadres wat gebruik is en wonder hoe hulle op my afgekom het. Maar die titel trek my soos ‘n magneet – eportefeuljes.
Lees voort “Blinde eweknie-beoordeling – ‘n interessante proses”Ons kombuis in Almaty woonstel
Ek deel nooit sommer net foto’s oor my blyplek nie, eers as ons uitgetrek het sal ek deel. Waarom weet ek nie, miskien omdat ek nie almal op die internet vertrou nie. Of dalk om kritiek te vermy?
Lees voort “Ons kombuis in Almaty woonstel”Vadersdag by Mattanu privaat wild reservaat, distrik Barkly Wes, Noord-Kaap
Ek het nie veel erg aan vaders- en moedersdag nie, maar die kinders het mos met moedersdag gevra dat hulle pa my in Kuruman bederf. Aangesien hulle myle weg is. Maar, dit is basies onmoontlik. Want Kuruman Sondae so toe soos ‘n klei os se watsenaam is.
Lees voort “Vadersdag by Mattanu privaat wild reservaat, distrik Barkly Wes, Noord-Kaap”WordPress alweer useless!!!
Ek het in die verlede al oor WordPress gekla. Die ontwikkelaars dink hulle is oulik, ontwikkel aan die toep en dan werk niks nie. Tans dwing hulle alweer dat ek na die blok-redigeerder oorskakel.
Lees voort “WordPress alweer useless!!!”