San, een van my blogvriendinne, vra dat ons skattighede van ons kleinkinders deel, die meeste van my bligvriendinne is reeds oumas. Daar is soveel skattighede, ek het geen idee waar om te begin en wat om te kies nie. Ek is darem al tien jaar ouma en met vier seuntjies is daar baie skattighede.
Lees voort “Ek kyk vir ouma se boude …”Skrywer: Dr Christa van Staden
Hy is toe al die tyd ‘n ongure karakter …
Het jy iemand al soveel vertrou dat jy hom met jou persoonlike lewe ook vertrou het, net om later agter te kom dat hy (of sy) ‘n skurk is? Wel, ek het. En ek moet seker nie verbaas wees nie, want ek is geneig om mense die voordeel van die twyfel te gee …
Lees voort “Hy is toe al die tyd ‘n ongure karakter …”My hart pyn …
My hart pyn … Moet ek dit oorvertel? Gaan jy my glo? Ek is werklik ongelukkig. Dalk moet ek dit net uit my gestel skryf? Dit is mos my persoonlike blog. Nou wonder jy seker waarom my hart pyn? Laat ek dan vertel …
Lees voort “My hart pyn …”Kersfees in Julie in Rebusfontein …
Ek weet daar is mense wat kersfees in Julie vier, en dit is miskien presies wat ek hierdie jaar met my kleinkinders moes doen. Want daar is ‘n groot moontlikheid dat ek nie kersfees saam met hulle gaan wees nie. In blogland is daar egter ook mense wat kersfees in Julie vier – naamlik 14 vrouens wat hulself as die Goue Vroue gedoop het omdat elkeen van ons iets gouds aan ons het. En dit is juis hierdie winter kersfees wat tot hierdie bloguitdaging aanleiding gegee het.
Lees voort “Kersfees in Julie in Rebusfontein …”As my atlete presteer …
Ek kan nie help om opgewonde te raak as my oud-skoliere en atlete ook naskool presteer nie. En vandag – Saterdag 3 Julie 2021 – is geen uitsondering nie. Ek sit nog so en kyk, toe hardloop een van my hekkiesatlete op die veld – as skeidsregter vir die wedstryd tussen die Leeus en die Britse en Ierse Leeus.
Lees voort “As my atlete presteer …”Uiteindelik leer ek my Pentax K20D ken
Ek het in Januarie 2010 vir myself ‘n Pentax DSLR kamera gekoop. Of liewer, my suster het hom namens my in Amerika gekoop. Ek was nogal ontevrede, want sy het besluit dat ek nie die gewone lens nodig het nie en so onderhandel dat ek eerder ‘n teleskooplens kry. Sy teleskopiese lens kan tot 250m infokus om my te help om goed baie nader te bring. Maar waarvoor sou ek dan soveel wou hê?
Lees voort “Uiteindelik leer ek my Pentax K20D ken”