Gepubliseer in Akademies,Joernaal,Tegnologie

ChatGPT – slegs aanlyn beskikbaar

ChatGPT is ‘n oulike kletsbot wat selfs kan jok, maar dit is net aanlyn beskikbaar.

Ongelukkig is daar maatskappye en mense wat toeps in die toepwinkels onder ChatGPT plaas. En so word mense gevang om selfs te betaal om die kletsbot te gebruik.

Apple en Google probeer keer, maar dan is ‘n hele paar al afgelaai en het hulle geld met advertensies gemaak. As jy die kletsbot wil toets, moet jy na OpenAI se webwerf gaan. Aan die bokant is ‘n skakel vir ChatGPT, dan registreer jy en kan jy met die kletsbot gesels.

Hier is die skakel: https://chat.openai.com/chat

As jy daarop klik, gaan jy direk na die kletsbot toe.

Ek het Dall-E2 gevra om vir my ‘n prentjie te teken van ChatGPT in Picasso styl. Die hooffoto is een van die vier resultate. Of dit Picasso se styl is, weet ek nie, maar ek is mal daaroor.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

7 gedagtes oor “ChatGPT – slegs aanlyn beskikbaar

  1. Ek het chatgpt getoets seur n vraag oor differensiasie in graad 2 te vra. Daarna het ek nog dit 3 keer gevra “to regenerate” en elke keer was die inleidende paragraaf dieselfde maar onderafdelings 1 tot 4 het verskil. Op die ou einde het ek n goeie opsomming van die onderwerp gehad

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.