Goed, my dokter is gebel. Ek het maar ‘n telefoniese konsultasie gedoen. Ek kan nie meer wag nie. Vier dae nadat ek laktose ingekry het, is ek steeds hondsiek.
Ek wil die restaurant eienaar gaan sien. Gedink hulle het amandel en sojamelk op die spyskaart omdat hulle WEET dat daar mense is wat baie siek kan word as hulle laktose inkry. Ek dink dit is sommer ‘n foefie, want soos ek en dokter gesels, oortuig sy my dat ek hulle nie met my gesondheid kan vertrou nie.
Daar is geen manier waarop hulle die masjien sou steriliseer vir ‘n vrou wat amandelmelk latte wil drink nie. As ek so daaraan dink, is dit ‘n hele proses om my masjien skoon te maak, dus weet ek nie waar my brein was toe ek die latte bestel het nie, sê ekke.
En haar antwoord:
“Nee, dit is maar net dat ons die ding moet toets, is ons steeds laktose-weerstandig?”
En dan sê sy:
“Nou weet jy.”
Dit is seker waarm nou weet ek. Vier dae het gekom en gegaan en al wat ek moes doen, was om die pyn te probeer oorleef. Want geen van my gewone medisyne wou die loopmaag stop nie.
Nie Smecta, ‘n staatmaker in my handsak nie.
Nie Trasectan, wat al my vriendinne nou ook gebruik nie.
Nie Lopremide nie.
Sy stuur ‘n voorskrif, ek moet van die medisyne in dubbeldosis drink. Ek het nie, drink nooit die aanbevole hoeveelheid nie, wat staan nog van dubbeldosis?
Iedergeval, kom ons kyk of die antibiotika werk. Want, een van die slegte eienskappe van antibiotika is dat dit my juis ‘n loopmaag gee … As dit die kiem of iets doodmaak, moet ek dit seker maar verduur.
Nog steeds …
En dan vra ek myself af:
“Waarom is ek nie net twee dae gelede al dokter toe nie?”
Sterkte, hoop dit word gou beter Christa.
LikeLiked by 1 person
En na die meds is ek steeds siek. Dit gaan seker dag of drie neem om te werk?
LikeLike
Ai, glad nie lekker nie🤗
LikeLiked by 1 person
Dokter is natuurlik reg. Ek sal nie gou weer so ‘n fout maak nie
LikeLike
My antwoord, jy kon nie 2 dae gelede weet wat 2 dae later gaan gebeur nie
LikeLiked by 1 person
Is waar, ek was nog nooit so labk siek nie.
LikeLike