Ek sukkel om die wêreld te verstaan. Daarom gaan ek twee vrae vra.
Waarom word Steve Hofmeyr oor sy persoonlike mening oor die Plus van Disney+. gekruisig? Voor die menseregtekommissie gedaag en swaar beboet? En waarom spoel ‘n groot persentasie mense hulle monde oor sy stelling uit? Waarom word sy stelling buite konteks verdraai? Waarom word hy swaar gestraf eerder as dat Disney verplig word om te verduidelik waarvoor die Plus staan?
Volgens Steve het Disney hom as kind geleer dat diere kan praat. Aangesien ek op ‘n plaas grootgeword het, het ek mos geweet gaanse en eende en honde en muise kan nie praat nie, maar ons het ons ingeleef in Disney se pratende diere. Steve se dogtertjie is op ‘n baie vatbare ouderdom, daarom is sy vraag oor die Plus van Disney+ geldig. Want hy weet hoe Disney ons as kinders beïnvloed het. Mens sou dink Disney moet eerder die praatwerk doen.
Nou, die ander vraag. Waarom is almal stil wanneer ‘n Suid-Afrikaanse politikus lasterlik verkondig dat hy Jesus is? Waarom kraai geen haan daarna nie? Waarom spoel mense nie hulle monde daaroor uit nie? Waarom word hy nie gedwing om in die openbaar om verskoning te vra vir sy lasterlike opmerking nie.
Ek gaan nie sy video hier deel nie, ook nie memes wat hy en sy party in 2018 gemaak het nie. Google sommer net: Sy naam+Jesus om toegang daartoe te verkry as jy dit nie gesien het nie. Die video is onlangs gedeel. Ek was geskok om te sien dat dit sedert 2018 kom, en dat geen haan daarna kraai nie. G’n wonder hy hou vol darmee nie.
Dit is nie net laster nie, hy spot met my Jesus. Hy het geen enkele karaktertrek wat hom aan my Jesus gelyk stel nie.
Dan vra ek weer: Waar is ons morele kompas heen?
Ja, jy kan maar daardie vrae vra Christa … maar ek twyfel of jy die (regte) antwoorde gaan kry. Ek het my eie opinie oor Disney (maar gaan eerder stilbly, want ek het nie soveel geld om vir ‘n boete te betaal nie 😉). Wat die politikus aanbetref, ek was net so geskok soos jy toe ek daarvan hoor. Maar my enigste troos: Eendag gaan ook hy voor Jesus se troon moet staan en rekenskap gee van sy lewe en uitlatings (net soos ek dit ook sal moet doen).
LikeLiked by 2 people
Dankie vir die saamgesels. Ek is ook versigtig om my mening te lug. Maar ek stem saam met jou, en dan wil ek nie in sy skoene staan nie. Nie alleen is dit laster nie, dit lei mense ook die verderf in.
LikeLiked by 1 person