Ek het ChatGPT raad gevra oor hoe om van ‘n bekruiper ontslae te raak wat my blog lees. En die oulikste raad gekry. Onthou, dis is ‘n masjien wat met my praat
EK: Hoe raak ek van ‘n bekruiper ontslae wat my blog lees?
ChatGPT: As jy vermoed dat iemand jou blogs stelselmatig binneglip en dit sonder jou toestemming lees, kan jy oorweeg om ‘n paar stappe te neem om jouself te beskerm en hierdie persoon te ontmoedig om voort te gaan met hierdie ongewenste gedrag.
Hier is ‘n paar stappe wat jy kan neem:
- Installeer ‘n besoekers-monitor op jou blog: Dit kan jou help om die IP-adres van die persoon wat jou blog besoek, te sien en dit kan ‘n aanduiding wees van die bekruiper.
- Beperk die toegang tot jou blog: Jy kan oorweeg om toegang tot jou blog te beperk deur ‘n wagwoord op te stel of deur slegs geregistreerde gebruikers toe te laat.
- Stel ‘n watermerk op jou blogs: Deur ‘n watermerk op jou blogs te stel, kan jy ander afskrik om jou werk sonder toestemming te gebruik.
- Kontak die bekruiper direk: Indien jy die identiteit van die persoon ken, kan jy hom/haar direk kontak en hulle versoek om op te hou om jou blogs sonder toestemming te lees.
- Rapporteer die bekruiper aan die platform: As jy op ‘n blogplatform skryf, kan jy dit aanmeld as daar ‘n beleid teen bekruipers bestaan.
- Kry regshulp: As die bekruiper aanhou om jou blogs sonder toestemming te lees, kan jy oorweeg om regshulp te kry en stappe te neem om hom/haar te laat ophou.
Dit is belangrik om jouself te beskerm teen ongewenste bekruipers en om ‘n veilige en veilige omgewing te skep vir jou blogs en jou persoonlike inligting.
***
Ek gaan nommer 4 probeer, die ander werk nie. Dit is dalk tyd om die bekruiper direk aan te spreek. Toe vra ek:
EK: Wat sê ek as ek direk kontak maak?
ChatGPT: As jy besluit om direk met die bekruiper te kontak, kan jy hulle vriendelik vra om op te hou om jou blogs sonder toestemming te lees. Hier is ‘n paar dinge wat jy kan sê:
- Wees respekvol: Dit is belangrik om vriendelik en respekvol te wees wanneer jy die bekruiper kontak. Dit sal hulle help om jou versoek te aanvaar sonder om defensief te word.
- Beskryf die situasie: Vertel die bekruiper dat jy vermoed dat hulle jou blogs sonder toestemming lees en dat dit jou ongemaklik maak.
- Wees spesifiek: As jy bewyse het van die bekruiper se ongewenste gedrag, soos die IP-adres of die tydstip waarop hulle jou blog besoek het, kan jy dit noem om jou punt te bewys.
- Vra om op te hou: Vra vriendelik dat hulle ophou om jou blogs sonder toestemming te lees en vra hulle om jou toestemming te vra voordat hulle dit in die toekoms doen.
- Stel grense: As die bekruiper aanhou om jou blogs sonder toestemming te lees, kan jy duidelik maak dat daar ernstige gevolge kan wees, soos ‘n regshandeling.
Onthou dat dit belangrik is om jouself te beskerm teen ongewenste bekruipers en om ‘n veilige omgewing te skep vir jou persoonlike inligting. As die bekruiper nie ophou om jou blogs sonder toestemming te lees nie, moet jy nie huiwer om regshulp te soek nie.
***
Dis baie interessant. Ek hou vd idee dat mens kan sien wie lees. Maar jy sê dit werk nie?
LikeLiked by 1 person
Dit werk nie, Seegogga. Daarom dink ek baie aan wat jy vir my gesê het.
LikeLiked by 1 person
As ek nou net kan onthou wat ek gesê het….
LikeLiked by 1 person
Verlief …
LikeLiked by 1 person
Ek gaan ook so paar probeer….slimkop, hierdie AI
LikeLiked by 1 person
Ek is moedeloos, Woordnoot, moedeloos.
LikeLiked by 1 person
Ek wonder al lank oor jou bekruiper(s): wat doen hy of sy wat jou so ontstel? Ek het al ‘n paar ‘mense’ of ‘bots’ op my blog gevind wat geen kommentaar lewer nie maar wel vir my ‘n grillerige gevoel gee. Ek ignoreer hulle vir ‘n tyd en dan verwyder ek hulle van my ‘likes’. Ek het nooit gevoel dat ek eintlik bekruip word nie.
LikeLiked by 1 person
Anne, dit is ‘n slegte storie wat ek nie hier gaan vertel nie, mense wat ons erg benadeel het en daarom het ons alle bande met hulle vebreek. Nou lees hulle my blog om te probeer weet wat in my lewe aangaan. En dit is creapy verby. Waarom los hulle my nie net uit nie? Ek skryf oor die lekker in my lewe, spesiale mense in my lewe. En as ek skryf, fluister ek eintlik alles oor my lewe in hulle ore. Teen wil en dank. Ons het hulle selfs geblok om ons telefonies te kontak, dan gebruik hulle ander nommers om kontak te maak. Ek is baie ongemaklik hiermee, maar veral omdat hulle nie verstaan dat ons geen kontak wil maak nie. Ek het eintlik al hulle name vergeet, so min wil ek kontak maak. Moes bietjie deur my gedagtes blaai om te onthou.
LikeLike
Nou verstaan ek.
LikeLiked by 1 person
Ag nee, dis sleg dat hulle jou steeds so pla.
LikeLiked by 1 person
Ek skryf al minder, want ek gril my op vir hulle.
LikeLiked by 1 person
Tensy jy ‘n heel nuwe blog onder ‘n skuilnaam begin, vir dié wat jy vertrou laat weet.
LikeLiked by 1 person
Ek het daai al gedoen, hulle het my opgespoor …
LikeLiked by 1 person
Hulle is desperaat!
LikeLiked by 1 person
Toortsie, ek weet nie waarvoor nie? Toe ek nou so moet soek om hulle kontak detail te kry, sien ek dat die “wonderlike” plan vir aftrede toe nie gerealiseer het nie. Inteendeel, dit lyk toe soos ‘n massiewe wit olifant. Dalk wilmhulle net hoor dit gaan met ons slegter?
LikeLike
Was dit hulle wat wou afrree?
LikeLiked by 1 person
Glad nie, die twee het afgetree
LikeLiked by 1 person
Is dit dieselfde mense wat jou steeds pla?
LikeLiked by 1 person
Dit is, hulle verstaan nie dat dit creapy is nie.
LikeLiked by 1 person