Ek het die afgelope ruk lekker pret op my blog gehad met ‘n paar artikels wat ek geskryf het.
Want die aas is geneem. Min soos wat ek van vlieë hou, sou ek tydens die lees daarvan ‘n vlieg wou wees. Dit raak darem somer daar, dus sou ek nie te koud gekry het nie.
Hang egter af van die vertrek af waar my blogs gelees word …
Ek wens ek kon skryf “Mission Accomplished!”
Maar, ek kan nie.
Dit het die teenoorgestelde uitwerking gehad.
My blog is weer intens deursoek, daarvan getuig die stats. Sommer 6 of 7 per dag gelees om te soek na iets wat nie daar is nie.
En dan kan ek nie help om weer te lag nie.
Het ek dit dan nie geskryf nie?
Ek is seker die adrenalien het hoog geloop!
Klink of jy op die oomblik die oorhand het🤣
LikeLiked by 1 person