Gepubliseer in Joernaal

Verskil tussen lesers en bekruipers

Ek sit gisteraand en wonder, sê nou een van my lesers dink dat ek na hom of haar as ‘n bekruiper verwys. Veral weens van die kommentaar.

Die bekruiper is iemand waarmee ek in persoon te doen gehad het. Hulle het ons te na gekom en ons het nie terug baklei nie. Ons het eerder alle kontak met hulle verbreek. Op ons fone en sosiale media geblok. Omdat ons wel in persoon met hulle te doen gehad het, weet hulle van my blog. En nou lees hulle hier wat in my persoonlike lewe aangaan.

Dit is grillerig verby en ek kry hulle nie afgeskud nie.

Snaaks dat hulle nie verstaan dat ons kontak verbreek het as hulle my nie meer kan kontak nie? Of nee wag, hulle weet en wil dit nog grilleriger maak – hulle kontak ons van ander se telefone af.

Dus gaan ek ChatGPT se raad volg en hulle persoonlik versoek om op te hou. Ek het nie meer hulle kontakbesonderhede nie. Maar hulle vergeet dat ek met tegnologie speel.

Dus het ek maklik uitgevind in watter Europese land hulle nou is (of was). Hulle gebruik mos VPNs om hulle ware ligging te versteek. Maar, ek dink tog as ek na die inligting kyk wat ek tot my beskikking het, dat hulle wel in die betrokke land is.

Sonder om ons enige gemeenskaplike kennis te kontak om die inligting te kry. Ons het alle bande met hulle ook verbreek om hulle nie te laat voel dat hulle tussen ons en die bekruipers moet kies nie. Maar seker ook omdat ons niks van die bekruipers wil hoor nie. En dit gebeur maklik as mens gemeenskaplike kennisse het.

Die ding is net dat ek hulle nie persoonlik wil kontak nie. Want dit sou beteken dat ek ‘n antwoord verwag. Daarom gaan ek tog weer hier vra:

Hou asseblief op om my persoonlike blog te lees. Dit is “creapy” verby om so agtervolg te word. Veral as ek weet julle “lees” om “inligting” te bekom om my in my persoonlike lewe te na te kom.

Julle soek verniet … ek skryf oor mense en gebeure wat vir my belangrik is. En julle tel nie in daardie kategorie nie. Ek het selfs deur al my blog-inskrywings gegaan nadat ek kontak verbreek het en die enkele kere wt ek na julle verwys het uitgevee omdat ek nie aan julle herinner wil word as ek my blog lees nie.

Julle het julle kaarte verkeerd gespeel … Ek hou nie kontak met mense wat ons in so mate te na gekom het dat dit ons lewens ernstig kon beïnvloed het nie. Die Here was goed vir ons, maar ek gaan nie weer vra nie:

Hou op my so te agtervolg. Ek weet daarvan, WordPress vertel my elke keer, vertel my ook watter plasings julle lees.

Siesa!

Kry iets anders om julle besig te hou. Daar is baie ander mense wat bekruip kan word. Onthou net – Europese wetgewing is van die strengste wat die beskerming van persoonlike inligting betref. Daarom werk julle VPN nie …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

2 gedagtes oor “Verskil tussen lesers en bekruipers

  1. Ek het ook gedink jy moet hulle sommer name en shame…maar ek dink jou benadering om vir hulle te sê hulle is onbelangrik is die regte een. En die feit dat jy weet waar hulle is is aan jou kant. Looi hulle!!

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.