Ons huis het in 2010 en 2011 oorstroom, dus het jare sedertdien verloop. Jare waarin ek en manlief al vergeet het hoe hoog die water was toe dit in ons huis ingegaan het. Ek het al meer as een keer daarvan vertel
So stry ek en manlief vanoggend oor hoe hoog dit by ons moet wees om in te gaan. Hy is van mening dat dit meer as 9 meter was, omdat dit op 9.5 soort van my borshoogte was.
En ek wil stry, maar sê toe net dat ek die stats gaan soek. Want sien, ek wou dit al laas jaar doen. Kom skryf presies hoe hoog die water deur die huis gegaan het, dat mens dit oor tien jaar weer kan herroep, of so bietjie meer as 10 jaar.
Ek het iewers verlede jaar die statistiek gaan opsoek. En toe ontdek dat dit so 7.1 meter moet wees. Want op 7.85 was die water net onder my borshoogte in die huis was.
Nie vir lank nie, dit het binne ‘n week weer weggesak en die rivier doer onder laat gaan vloei waar hy hoort. Minder as een meter hoog. Dus het ek gou gaan opsoek terwyl hy gholf speel …
So hier is die data van die hoogte wat die water was toe dit so 600 mm hoog in die huis self was.
2010 se data toon dat die hoogste vlak op 1 Februarie 2020 7.88 meter was. Dus kan ek half aflei dat dit ten minste eers op 7 m vir ons ‘n probleem is, want dan gaan dit in die huis in.

2011 se data wys ook dat die rivier se vlak 7.875 m was toe water in die huis my middellyf hoogte gestaan het.

In 2011 het die water so diep in die huis gestaan (kyk hoe wasbak se kraan net uitsteek). En om die huis was dit hoog!

En vanjaar, vanjaar is ons gefnuik! Die stasie by Klipplaatdrif se data is die 16de Februarie laas opgedateer, met die hoogte van die rivier op 3.8 m. Intussen is dit beslis al baie naby aan 5.8 m, (soos op 18 November 2022 https://christavanstaden.com/2022/11/18/oeps-ons-huis-staan-weer-in-die-vaalrivier/) want die water raak reeds aan ons stoep soos toe!
En ek bid vir al ons vriende wat groot skade gaan kry as die water weer na 7 meter toe styg. Ons huis gee nie om nie, staan leeg omdat ek geweier het om terug te trek voor die reënseisoen verby is.
Enigste probleem is dat ons die houtvoordeur met die blokkiesglas gesluit het. Die wag kan dit dus nie oopstoot dat die water deurgaan nie. Die deur gaan swel en skade kry. Die res van die deure is af en veilig in die stoor. Ons was nie van plan om weer ‘n vrot huis met vrot meubels te kry soos in 2010 toe ons in Singapore was nie.
2011 het ons op die boonste verdieping geslaap, met die water wat om die huis was. Amper asof ons op ‘n boot was. Nou sal ons weer van ‘n afstand wag dat die water sak en uit die huis gaan. As dit wel ingaan. y
Die wag stuur elke dag vir my foto’s, en ek hou die vlak van water angstig dop. Met 12 sluise reeds oop, en die Vaaldam wat steeds baie water kry, gaan die water dié keer dalkies langer om die huis draal voor die vissies teruggaan waar hulle hoort.
Ek het gelees dat nog twee sluise oopgemaak is.
LikeLiked by 1 person
Vandag? Ek moet gaan soek, sover ek weet staan dit op 12 sluise. Maar, ons huis is reeds so 300 mm oorstroom. En daar kom nog water van Parys af.
LikeLike
Baie van SA se riviere loop hier naby ons in die see in, so sover as wat mens ry is dit net water. Dis lieflik. Ons word nie daardeur verontrief nie, nog nie. Daar is wel die moontlikheid dat die hoofpad op sommige plekke kan oorstroom, maar vir nou is alles rustig. Baie sterkte met wat julle nou weer moet trotseer.🤗
LikeLiked by 1 person
Ons huis staan vanoggend reeds met 300 mm water op die vloer, en daar kom nog baie aan.
LikeLike
Sterkte Christa. Ek sien oral van al dievreën en oorstromings daar bo.
LikeLiked by 1 person
Huis is deur die nag oorstroom, ek skat so 300 mm reeds. En daar is nog baie water waar dit vandaan kom.
LikeLike
Ai tog
LikeLike
Toe ek gister van die oorstromings lees veral dan in Parys het ek aan julle gedink en gewonder. Weet jy wat vir my interessant is, is dat toe ek 1980s by Hoërskool Secunda skoolgehou het het ons siklusse van twee weke gehad waar daar oor ‘n tema gepraat, geskryf en nagevors moes word. My Februarie se een siklus het oor The Weather gehandel en elke jaar het daardie twee weke oorstromings gehad wat ons kon gebruik. Standerton en die Vaalrivier. Noorde van Natal met sy vinnig vloeiende woeste riviere. Baie interessant dat dit tog telkens veral in Februarie iewers oorstroom het. Sterkte maar weer met jul Parys blyplek.
LikeLiked by 1 person
Dankie vriendin, interessant! Watter vak?
LikeLike
Std 6,7,8 Eng tweede taal.
LikeLiked by 1 person
Sjoe…ek is so dankbaar vir die reën maar is skytbang vir baie water….gelukkig is julle nie daar nie
LikeLiked by 1 person
Stem, ons is gelukkig nie afhanklik van die huis vir blyplek nie.
LikeLike
Sjoe, dis baie water! Ek sit en dink nou (dalk het jy al iets hieroor gese) … hoekom verkoop julle nie die huis nie?
LikeLiked by 1 person
Ai tog, en daar kom nog. Sterkte. Miskien moet julle die huis verkoop en ‘n boot koop!
LikeLiked by 1 person
Ons is in die proses.
LikeLike
Ek haal my hoed af vir jou
LikeLiked by 1 person
Ek geniet dit so baie.
LikeLike