Ons het Saterdagoggend begin see toe ry. Dit het gereën en die water het blybaar oral gevloed. Ook in Centurion, nadat ons weg is. By die rivier gekom, het ons gepak om see toe te kom.
En ek was bekommerd oor die nuus dat dit in Centurion oorstroom. Veral toe ons hoor dat dit oral om ons reën. Maar, manlief het gedink dat ek verniet bekommerd is. Want ek wou dat ons eers uit die huis uittrek voor ons see toe kom.
Hier aangekom, laat buurman weet. Die Vaaldam gaan sluise oopmaak, agt hierdie keer en nie weer soveel soos in 2010 en 2011 nie. Maar, soos in 2010 en 2011 baie naby aan mekaar, twee-twee tot agt oop is. Dus behoort ons veilig te wees., in 2010 en 2011 het ons oorstroom toe 12 gelyk oopgemaak is.
Soos die vorige kere het ons die water op die webblad van die Departement van Waterwese en Sanitasie gevolg. Tot op 6 en ‘n bietjie meter is ons veilig, daarna gaan die water in ons huis ingaan.
En, net soos wat niks in die regering werk nie, sit ons vanoggend met dilemma: Die webblad is af, ons kan nie sien hoe hoog die water by Orkney gestyg het nie, en dus kan ons nie weet hoe hoog dit by ons gaan word nie.
Van gister af stuur die wag vir ons foto’s van die water om die huis.
Vanoggend is die water bykans om die huis, dit het dus reeds meer as 5 meter gestyg om op die voorste gras te kom …

Aan ons kamer se kant (foto 2) is dit reeds teen die muur, voor die huis kruip die water steeds nader. Die wal is waar die twee boompies se toppies bokant die water uitsteek (foto 4).
Bietjie later vanoggend kry ek weer foto’s, die water is by die stoep. Bykans reg rondom die huis, maar darem nog nie heeltemal nie. Die huis staan soos ‘n skip wat gestrand het met ‘n gedeelte aan land en die res omring deur water.

Dit moet nog drie bakstene styg (laaste foto) om op die stoep te klim. En dan kan dit begin dink om in die huis te gaan. Seker so vier bakstene as mens die dikte van die teëls en die trappie in die huis in in ag neem. Met al die deure toe, deure wat swel en dan nie oopgemaak kan word nie.
En ons bid: Laat die water tog net begin sak, want ons is nou in die duister, ons kan geen planne maak nie. Daar is goed wat op die vloere staan, soos die oondkas en die borde kas en die glase kas. En goed wat in die kamer op die vloere staan, soos bedkassies en beddens en kopstukke.
As dit ingaan, vrot daardie hout en moet die meubels weggegooi word.
En om een of ander rede is ek en manlief rustig oor die saak. Ek dink dit is omdat ons dit in God se hande geplaas het om ons te red as die bestuur van die dam skade wil berokken, maar ook oor die leesstuk wat ons tans op die Bybeltoep lees. Goed wat jou vreugde steel …
Ons sit in Stilbaai, 1 300 km van die rivier af. Ons kan niks aan die saak doen nie. Net soos wat ons in 2010 in Singapore in die hotel gesit het toe die plek die eerste keer sedert ons dit gebou het oorstroom het. En alles in die huis gevrot het. Die boot met teen die garage se dak vasgedruk het. En die twee quads onder water was.
Weereens is dit die bestuur van die dam se skuld.
Hulle het gesien hoeveel dit reën, maar weereens te lank gewag voor hulle sluise begin oopmaak het. En toe maak hulle agt gelyk oop, in plaas van 8 oor ‘n paar dae. Bure om ons het groot skade, hulle huise is oorstroom. En ek vermoed die huise net onder die damwal is ook onder water, diegene by die Barage.
Dit is juis hulle wat die dam probeer beheer, keer dat sluise oopgemaak word, want hulle is op die wal van ‘n laevlak Vaal gebou. As die water effens styg, is hulle onder water.
Iedergeval, ek is verras omdat ons so koelkop oor die saak is.
Het ons geleer dat ons niks daaraan kan doen tot die water weer gesak het nie? Nee, ek glo ons Bybelleesstuk het ‘n groot invloed op ons gemoed. Ons kan nie by die see sit en toelaat dat iets, waaraan ons niks kan doen nie, ons vreugde steel nie. Soos blogvriendin Positief onlangs geskryf het, help dit nie om te bekommer oor iets waaraan ons niks kan doen nie.
Die gras gaan so baie daarvan hou om weer ‘n dik laag slik te kry. Gratis en verniet. Ons kan dit beslis nie self so goed doen nie … Ook nie bekostig om soveel slik te koop nie.
En ek is dankbaar dat ons vanjaar by die see gaan wees oor kersfees. En nie bekommerd gaan wees oor ‘n huis wat kan oorstroom terwyl ons vakansie daar hou nie. As hy oorstroom, moet dit maar so wees. Want die reënseisoen het so pas begin. Die kans is groot, sommer baie groot.
Ek bid vir almal wat reeds swaar getref is. Huise stroomaf van die Vaaldam staan reeds tot dakhoogte in die water. Ons is nog veilig …
En ons is dankbaar.
Net daarna het die water begin sak, dit het op 5.8 meter teen ons stoep gedraai, dalk effens meer, want ons kon mos nie in die webwerf ingaan nie. Dit was 6.2 meter by Orkney, wat beteken dit kon net soveel by ons gewees het in die tyd wat die webwerf af was … Ons gaan egter 5.8 meter as baken onthou.
Ons is tot op 5.8 meter veilig.
Gaan ons vanjaar of vroeg volgende jaar vloed?
Die moontlikheid is te groot om nie einde van die maand uit die huis te gaan trek nie. Dus gaan ek weer trek … ‘n trek wat ek nie by die ander gevoeg het toe ek nou die dag daaroor gesels het nie. Hierdie trek is noodsaaklik om ons teen moedswilligheid te beskerm …
Dis nou jammer dat die dam bestuur nie vooruit kan 6dink nie.
LikeLiked by 1 person
Ek luister gister op die radio na ‘n gesprek van een of ander man in die landbou in die Noord-Kaap. Dit het veroorsaak dat die Bloemhofdam te veel sluise moes oopmaak sodat die dam nie skade kry as al die water tegelyk daar aankom nie en gevolglik is die plek waar die Oranje en die Vaal bymekaarkom, tans drie keer die volume van normaalweg. Ek neem aan daar is groot skade.
LikeLike
Ai ai ai! Ons land darem.
LikeLiked by 1 person
It never ceases to amaze me that people are unwilling to learn from previous events 😩
LikeLiked by 1 person
Me too, but in South Africa the problem is created by policies that allow that the best candidates can’t be placed in important positions. I think those people can be sued, as they know that they are not sufficiently qualified for their jobs.
LikeLiked by 1 person
Dit is ‘n groot bekommernis. Ek hoop julle sal betyds kan trek!
LikeLiked by 1 person
There are 8 dams, does that mean that the surrounds are not much above Sea level? The 4th flood this year has arrived at Forbes and around our area 20m above Sea level residents are still.pumping sandy water from their basements. Sorry you must move again. We live in the hope that local flooding doesn’t reach more than 30m.
LikeLiked by 1 person
O no, Andrew, I remember you told me that flooding is also a problem in Australia. No, we are about 1 300 m above sea level. We are situated kind of in the middle of the Vaalriver, where it is wide and have lots of water. As we are stream up from a dam wall, the water builds up at our place
LikeLike
My senuwees sal op wees
LikeLiked by 1 person
Dit is so bietjie op, maar ons moet dit aanvaar en daarmee saam leef. Dankie vir die omgee.
LikeLike