Gepubliseer in Akademies,Joernaal

ChatGPT en unieke tekste

ChatGPT gaan moles maak vanjaar omdat studente die kletsbot kan gebruik om hulle werkopdragte namens hulle te doen.

Dit is nie alleen akademies oneerlik nie, dit is ook ‘n nuwe vorm van plagiaat. Veral omdat die tekste so uniek is dat Turnitin dit nie optel as plagiaat nie.

Ek het ek dit saam met prof Henning van Kovsies getoets. En bied hier die resultate om te beskryf hoe uniek die kletsbot se KI-tekste inderdaad is.

Hier kom die vrae, antwoorde en resultate.

Ek weet nie hoeveel jy uit die resultate verstaan nie, maar dit beteken dat dit ‘n unieke teks is, veral as mens na die woorde kyk wat gemerk is.

Die teks is uniek. Die vraag is nie volledig beantwoord nie, volgens die kletsbot kan hy nie toegang tot die digbundel kry nie. Maar, dit wat aangebied is, is bruikbaar om dan self voorbeelde by te voeg.

Weereens unieke teks!

Dit is indrukwekkend. Indien ‘n student hierdie tekste indien kan dit as uniek aanvaar word. Toe ek dit egter in die KI-teksklassifiseerder van OpenAI ingelees het, is al vier tekste geïdentifiseer as tekste wat waarskynlik deur KI geskryf is! En ek is nuuskierig, hoe weet die masjien dit? Het dit met die algoritmes te doen?

Toe lees ek van my eie werk in en dit is volgens die masjien hoogswaarskynlik deur ‘n mens geskryf.

Hoe weet die masjien dit? Ek sal sowaar ‘n heel nuwe studierigting inslaan, ek moet weet!

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

8 gedagtes oor “ChatGPT en unieke tekste

  1. Ek het ook met die bot gekommunikeer. Uitgevra oor differensiasie in graad 2 . Was nie tevrede met die antwoord nie en laat hom weer probeer rn weer en weer en weer. Kry toe elke keer n ander antwoord. Na 4 kere het ek dus n goeie uiteensetting van differensiasie. In Afrikaans

    Liked by 1 person

  2. EN,……… op skool is dit eenvoudig, vir n teks vilgens my idee, mag die voorskrif wees bring jou rofwegwerk en naslaanstukke skool toe. Chatdpt mag 1 daarvan wees. Jy moet onder andere dan jou naslaanwoorde vir die bot neerskryf. Die finale stuk moet bewys dat dit jou eie werk is. As die onderwyser dan agterdogtig raak, voeg die woorde in en as die sonne identities uitkom, het jy plagiAt gepleegv

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.