Dit is weer sulke tyd. As dit reën, vloed die gholfbaan van ons estate. Die Hennops loop mos hierdeur.
En die skade aan die baan is nie gering nie, maar dit is al die vieslike plastieksakke wat die hele rivier ontsier wat vir my die grootste probleem is. Ons bly gelukkig baie ver van die rivier af. En ook nie so dat ons oor die brug by die huis moet kom nie. Sou seker lekker gewees het om die water daagliks te sien?
Maar nee, ek wil nie. Want ons staan weer groot kans om by dei rivier te vloed.
Die Vaaldam het so gou vol geraak dat hulle op 110% reeds 10 sluise oop het, maar dit is mettertyd gedoen. In 2010 en 2011 het hulle al twaalf sluise gelyk oopgemaak toe hulle gewag het tot die dam 118% vol was. Dus kan ons nie kla nie …
Maar, gister laat die wag weer weet … die water is amper op die gras. Dit is dan steeds nie probleem nie op drie meter is ons huis veilig.
Met vier ekstra sluise wat vandag oopgemaak word, weet ek egter nie. Dit kan die water ernstig laat lig.
En ek staan verstom. Desemebr het dit tot 5,8 meter gestyg en weer gesak, net voor die in die huis gaan inloer het. Daarna was die rivier nie een 1m vol nie. En het ek ophou kyk na die vlakke.
Die keer kan ons wel oorstroom omdat die Valsrivier by Bothaville reeds hoog is (5,3m) en hy vloei onder ons in die Vaal in. As hy die water ophoop, gaan ons huis dalkies weer in die water staan. Laas het dit om die huis gekom, maar kon dit nie in nie omdat die huis gelig is.
Ons wag stuur drie keer per dag vir my foto’s. Oggend, middag en aand en so hou ons die vlak dop. Dit is nou 5.6m by ons en dus nog redelik ver van die huis af.
En … die Vaaldam het reeds 10 sluise oopgemaak, beplan om nog twee oop te maak. Tog wil dit voorkom asof ons dalk gelukkig gaan wees, ons wag maar en kyk wat gebeur as nog twee sluise oop is ….
En ek is so dankbaar ek het geweier dat ons twee weke gelede terug trek in die huis. Anders as blogvriendin Positief, kan ek my voet ernstig neersit as ek dink manlief se plan van aksie pas my nie.
Hy was ontevrede, maar het ingegee.
En kyk nou net …
Anders moes ek nou die hoeveelste trek bylas vir die afgelope drie jaar? Ek hoop nie jy tel nie …
Dit is reg: hou jou voete droog!
LikeLiked by 1 person
Die water staan teen ons huis, nog so meter se styg en dit gaan die keer in die huis in.
LikeLike
I am so glad we left the country where it flooded twice yearly. It can flood here but not in the past 12, we are officially in drought. It doesn’t seem a year ago when this happened to you before.
LikeLiked by 1 person
Really? Drought? You make me wonder about climate change.
LikeLike
Toe ek hoor van die 12 sluise oop, het ek dadelik aan jou gedink. Vorige foto’s van versuipte meubels en grasperke het weer opgepop. Sterkte en saam dankbaar vir daai stewige voet van jou.
LikeLiked by 1 person
Jong, ek dink manlief is self nou dankbaar. Ons huis gaan water kry, daar is te veel op pad dat ons nie gaan nie. En die Valsrivier is die keer hoog by Bothaville. En om een of ander rede rus ons harte, miskien omdat ons weet dat alles uit is, maar ook dat die huis die water kan vat. Dit doen nie eens iets aan die ondervloerverhitting nie. Maar … dit is een stinkende gemors om skoon te maak.
LikeLike
2 weke later weet ons nou dat die huis wel onder water was, goeie werk dat jy jou voet so hard en netjies neergesit het
LikeLiked by 1 person
Jitte Positief, ek het gesukkel om positief te bly.
LikeLiked by 1 person