Kunsmatige intelligensie is al sedert die 1950’s deel van akademiese en wetenskaplike gesprekke. Maar op 30 November 2023 het die moontlikhede van KI die wêreld op sy kop gekeer!
OpenAI het op dié dag ChatGPT aanlyn losgelaat sodat gewone mense met hierdie kletsbot se brein kan kommunikeer. En die resultate is indrukwekkend.
Ek het gevind dat ChatGPT toetse kan opstel, opstelle kan skryf en ook gedigte en liedjies kan skryf. Al wat ek moet doen, is om die opdrag te gee en binne sekondes is dit gedoen. In Afrikaans. Dus is ChatGPT die 45ste Afrikaanssprekende!
Ek wil nie nou oor die kletsbot gesels nie omdat ek navorsing daaroor doen en skryf. Net-nou skryf ek iets wat later aan die hak kan kom byt en as plagiaat beskou kan word al is dit my eie woorde.
Daarom gaan ek oor een van OpenAI se ander KI kuberbrein gesels, naamlik DALL-E, ‘n kuberbrein wat prente teken na aanleiding van leidrade wat ‘n mens gee. Aangesien die prente oorspronklik is, hoef daar nie toestemming gevra te word om dit te gebruik nie, die maatskappy en die kuberbrein moet net erken word.
Ek is baie nuuskierig oor hoe die besighede gaan raak – want grafiese kunstenaars is ‘n groot uitgawe.
Loer net na ‘n paar van die wat ek gevra het om geteken te word. Ek gebruik hierdie KI-kunstenaar reeds om vir my te teken. Ek kry elke keer in minder as 20 sekondes wat ek vra, maar hy verstaan nie woorde wat ek wil hê nie. O ja, en ek kry ook vier waaruit ek kan kies!









Kyk, ek weet nie of die style reg lyk nie, maar ek hou van al die prente wat ek gekry het. Sommer baie.
Ek sukkel om gunstelinge te kies … maar ek hou baie van die hooffoto.
Speel lekker hiermee.
LikeLiked by 1 person
Ek doen, maar ek moet werk ook
LikeLike
Dit lyk na pret!
LikeLiked by 1 person
Dit is …
LikeLiked by 1 person
Goeiste, wie sou kon raai dat dit so maklik is om te teken – die wereld raak verby slim 😉. Ek kan nie ‘n stokmannetjie teken nie, so hierdie gaan dalk nuwe deure oopmaak …
LikeLiked by 1 person
Ek speel verskriklik lekker, maar mens word beperk. Ek het 15 krediete per maand, en as ek te veel speel, is dit gou op.
LikeLiked by 1 person
Ek gee Rekenaarwetenskap en sukkel om goeie prentjies te kry van konsepte. Dit gee snaakse sketse met skrif in vreemde taal ten spyte van die feit dat ek dit in Engels vra.
Ek sal seker moet oefen om beter te vra of probeer om oorspronklike prentjie op te laai en te vra dat hy dit verander.
LikeLiked by 1 person
Ek vind dieselfde, ek sal bietjie toets.
LikeLike