Gepubliseer in Joernaal

Oplettende kleinseuntjie … rainbow

So sit ons verlede week op die stoep van ons meenthuis in Centurion en gesels, terwyl kleinseun by die deur uit is buitentoe.

En toe kom staan hy by die deur, maak die handjie soos wat mens hondjie sal roep en vra dat ek sy hand vat. En daar stap die tweejarige met my uit die huis en wys vir my die mooiste rënboog wat ek in ‘n baie lang tyd gesien het.

Kyk Ouma, rainbow in sky!

Ons Afrikaanse kleinseuntjie praat mos Engels, en al hoe beter.

Daarna wys hy na die voëltjies wat in die lug baljaar.

Ouma, birds not in tree. Birds in sky!

Ek is natuurlik besonder beïndruk, die kind gooi die rooi taal baie goed.

En ouma gaan moet sorg dat hy meer Afrikaans hoor, want ons taal sterf mos kastig uit. Ek gaan die persona non grata nie noem wat so beweer nie, sy verdien nie melding nie.

Maar, daar is werk om te doen. Sy gemaklike taal kan nie Engels wees nie.

Hooffoto: Kyk hoe mooi sien mens die kleure in die reënboog!

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

15 gedagtes oor “Oplettende kleinseuntjie … rainbow

  1. hallo christa,
    wat ‘n pragtige reënboog 🌈 inderdaad. Ja, seuns Afrikaans is maklik om te verstaan.
    Lees vir hom boeke in Afrikaans sowel as Engels. Al is daar die dogter van ‘n kennis in Jerusalem wie se Russies en Engels beter is as haar Hebreeus. Haar ouers het vir haar in Engels en Russies gelees en dit vir haar Hebreeus skool toe gelos

    Liked by 1 person

      1. Andrew, it is at this stage a massive joke in South Africa. Afrikaans is the third largest language in the country and the home language of 12% of the population. Thus more than 6 million people are speaking the language. Yet, one of the South African actresses, Charlize Theron, who lives since she was 19 years old in America told the world in a podcast that Afrikaans has only 44 speakers, is a dying language and not a “helpful” language. What she means with helpful is unclear. So, we are up in arms and we joke all the way about it. We joke about the name of the podcast, namely Smartless, as she was indeed smartless when she said that. We joke about her and the previous president who could not pronounce a large numer correctly, we joke about scenes in her movie where she does not look glamerous at all. And we are at this moment extremely proud about being one of the 44 who can speak Afrikaans. She won an Oscar for one of her movies, I have not watched as she does not mind to take off her clothes to get a role in a movie. Disgusting.

        Liked by 1 person

  2. Dit is baie goed dat jou kleinseun beide Afrikaans en Engels leer praat: hierdie tweetaligheid sal hom help as hy skool toe gaan. Ek hou van jou verduideliking vir Andrew 🙂

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.