Liewe leser, hierdie hoofstuk vorm slothhofstuk van ‘n bloguitdaging waarin die Goue Vroue van Rebusfontein uitgedaag was om ‘n vervolgverhaal te skryf waarin ons items op mekaar se emmerskoplysies uitleef. Soos gewoonlik, is een of meer van die res van ons karakters in die vervolgverhaal. Elke hoofstuk is afgesluit met ‘n emmerskoplysie en ‘n spesifieke vrou word uitgedaag om die verhaal verder te vertel …
Jy kan dus ten minste 13 hoofstukke verwag. Die res van die verhale kan hier gelees word, onthou om gereeld terug te kom om nuwes te lees. Dit is ‘n werk in wording …
https://fresh.inlinkz.com/p/901334e664234152a8107aad817a73bb.
Of kliek sommer op die foto hieronder om die verhale te lees.
*****
Die emmerskoplysie van Kylie se suster in Die naaldekokers se Vlerke het my soos ‘n magneet aangetrek omdat Kylie se sus in ‘n motorongeluk oorlede is. En sy dit – so goed soos wat sy kon – namens haar susse uitgeleef het. En so is die idee vir hierdie vervolgverhaal gebore. Eenders omdat emmerskoplysies namens vriendinne uitgeleef word. Anders omdat ons aan die einde van elke hoofstuk ‘n vriendin uitdaag om die volgende hoofstuk te skryf waarin sy vertel hoe sy ‘n item op die skrywer se emmerskoplysie, waarmee die hoofstuk afgesluit is, uitgeleef het.
En nou is dit tyd vir die slothoofstuk. Ek het mos beloof dat jy ten minste 13 hoofstukke te wagte kan wees… As jy die eerste 12 hoofstukke misgeloop het, kan jy op die prent hieronder kliek om die res te lees.
Soos Scrapy beloof het, het ek die vrouens eers in die Alpe gaan leer ski. Dit was op Una se lysie en Scrapy het dit gerieflikheidshalwe vir my aangestuur. Sy het egter glad nie geweet dat ek nie kan ski nie, het hulle op pad daarheen vertel, maar hulle wou nie glo nie. Ek het dan vir hulle bertel hoeveel keer ek by Shymbulak ski-oord in Almaty, Kazakhstan was.
Wel, ek het van die kabelkarretjie ritte gehou, gekyk hoe ander ski en video’s geneem …
Ons het baie gelag, baie geval, baie opgestaan en toe ontbied ek vir Blitz. Tyd vir Scrapy se eie lysie van versoeke.
Scrapy het my in die vorige hoofstuk uitgedaag om haar emmerskoplysie vir haar te help uitleef. Die eerste op haar lysie was nog nooit op myne nie.
Sy wil die Franse/Spaanse camino gaan stap. Ek het inligting daaroor gesoek en besef daardie vlieër gaan nie vlieg nie. Om ‘n week lank te stap, kan selfs langer wees, is nie ‘n grap nie. En ek het geen idee hoe ek die Goue Vroue sonder voorvalle op ‘n staproete gaan kry nie, Twee, naamlik Toortsie en Trommeltjie het reeds tydens plaaslike caminos hulle alies afgeval. En koud gekry. En natgereën. Self het ek geen begeerte om soveel kilometers te stap nie. Daarvoor is wiele ontwerp. Ek verkies ‘n motor, maar bergfiets sal ook kan doen.
Dus besluit ek op die suiderligte wat van Nieu-Seeland af gesien kan word. Die aurora australis. Het jy geweet dat mens die auroras in die suidelike halfrond kan sien?
En Scrapy woon juis in Nieu-Seeland waar mens dit die beste kan sien.
Ek bestel vir Blitz om ons weer al die pad na Nieu-Seeland terug te neem. Ons kan mos deur tydgrense beweeg? Wel, dit was noodsaaklik want die beste tyd is Maar tot September – as jy die auroras wil sien.
Appeltjie was in die sewende hemel, dit was perfek na haar groot trek. Aalsie het die stilte wat amper tasbaar as ook waardeer. Skoon vergeet van take by die huis.
Ons het in die dag die plase verken en snags gesit en die aurora beleef. Die lig was so naby aan die grond dat dit lewendig gevoel het, soos iets wat mens kan intrek.
Kyk maar net na hierdie foto, dan sal jy verstaan.
Frannie het gesug, as dit haar maar net kan intrek en in Suid-Afrika aflaat, sonder ‘n vliegtuig in sig. Virgo het beaam, sy sal die land van sand wil agter laat.
Ek het die samesyn geniet, dit is deesdae stil om my. En Seegogga, sy het die weerkaatsing op die water geniet. Nou wel nie die see nie, maar water is water.
Ons het foto’s geneem, bykans die hele tyd. Ongelukkig kan dit nie die ware verhaal vertel nie, jy sal self moet gaan kyk. Positief en Woordnoot was nog nooit so aan die babbel nie, ons het nodig gehad om die hoofstuk positief af te sluit.
Scrapy was in trane. Dit is presies wat sy nodig gehad het. Sy het die samesyn baie meer gemis as wat sy kon droom …
En so kom ons aan die einde van nog ‘n vervolgverhaal van die Goue Vroue.
Wees gegroet!
Foto’s op die internet geleen.
Wat ñ spesiale einde van ń absoluut heerlike uitdaging, dankie Christa!
LikeLiked by 1 person
Dankie, Una, sjoe, ek het nie van die wonder daarvan geweet nie, moes oplees en soek.
LikeLike
Dankie, dankie en nogmaals dankie. Dis die wonderlikste ervaring wat ek en ek dink ons almal nog beleef het. Baie bly dat ons so al die lysies kon beleef.
LikeLiked by 1 person
Dankie, Scrapy. Ek is bly jy hou daarvan. Gaan jy weer soontoe gaan en vir ons foto’s stuur, ons het te min geneem.
LikeLike
Ek het dit nog nie persoonlik gesien en dit gaan beslis een van mikpunte wees om dit eendag te beleef.
LikeLiked by 1 person
Myne ook, dit lyk hemels.
LikeLike
Christa!Skitterend geskryf!!!
LikeLiked by 1 person
Dankie, Letty-Anne, ek waardeer dit baie.
LikeLike
So n mooi einde- hierdie droomligte. Dit laat my dink aan fantasie en betowering en sweef- in n wonderwereld in. Ek dit en eonder of Tebusfontein nie ook nou en dan die ligte kan hê nie? Dit pas mos by ons atmosfeer!
LikeLiked by 1 person
Seegogga, perfek net so. Ons moet dit daar ook laat skyn.
LikeLiked by 1 person
Ja Christa! Ek glo as ons hard dink, sal ons dit daar kry!
LikeLiked by 1 person
Ons kan mos elkeen ons eie kleur skyn as ons daar is!
LikeLiked by 1 person
Hmmm, inderdaad en dan meng …
LikeLiked by 1 person
Ek bedoel: Ek wonder of Rebusfontein nie ook soms sulke ligte het nie?
LikeLiked by 1 person
Ek stem heeltemal saam. Ek hou van jou beskrywing. Magies.
LikeLike
Sug. Nou wil ek regtig gaan kyk!
LikeLiked by 1 person
Ek ook en ek het gesê ek reis nie weer nie
LikeLiked by 1 person
Nee daai woorde sal ek nie sommer sê nie. Ek jeuk dan juis nou so!
LikeLiked by 1 person
Watter wonderlike belewenis!
LikeLiked by 1 person
Dankie, Frannie, dit is nou op my emmerskoplys …
LikeLiked by 1 person
die samesyn, die rustigheid terwyl ons die borialis aanskou, wat meer wil mens hê. Dankie vir die heerlike uitdaging.
LikeLiked by 1 person
Dankie, Appeltjie, stem saam, wat meer wil ons hê?
LikeLike
Dankie Christa….hoogtepunt!
LikeLiked by 1 person
Dankie Woordnoot, ek waardeer dit baie.
LikeLike