Hmmm, vyf maniere waarop ek ‘n goeie vriend kan wees. Laat ek bietjie oor die ene dink.
Die eerste manier waarop ek ‘n goeie vriend kan wees, is om empatiek te wees. Om te luister as ander hulle gevoelens met my deel, sonder om raad te wil gee. As hulle soos ek is, het hulle net ‘n klankbord nodig. Nie ‘n kopdokter nie.
Tweedens kan ek ‘n goeie vriend wees as ek my vriende nie met ander bespreek nie.
Derdens kan ek ‘n goeie vriend wees as ek ander ook kans gee om te praat. Eerder luister om te hoor as om te luister tot ek iets het waarmee ek die spreker kan kritiseer. Of om dan op te volg met ‘n vissermanstorie, my vis is groter as joune.
Vierdens kan ek ‘n goeie vriend wees as ek goeie raad gee wanneer ek wel vir raad gevra word. En as ek nie weet nie, help soek of die vriend na iemand verwys wat wel raad sal kan gee.
Laastens kan ek ‘n goeie vriend wees as ek vriende waarsku wanneer daar gevaar is. Of moontlike gevaar. Tans is dit een van die moeilikste dinge om stil te bly. Maar ek doen dit tog omdat mens gebrandmerk word as jy praat. Daar is, na my beskeie mening, gevaar omdat goed nie sin maak nie.
So kom ek gesels oor wat nie sin maak nie:
- Dit maak nie sin om mense al meer en meer in te spuit as die inspuitings nie doeltreffend is nie en mense steeds siek word nie.
- Dit maak nie sin dat die inspuitings mense teen ernstige siekword beskerm as mense wat reeds drie keer ingespuit is, in die hospitaal beland nie.
- Dit maak nie sin dat regerings die verantwoordelikheid vir newe-effekte moet dra nie
- Dit maak nie sin dat regerings met mandate aangaan om hulle mense al meer in te spuit as daar ernstige newe-effekte is nie.
Daar is wel goed wat sin maak:
- Dit maak sin dat daar fout is met die spuitstowwe omdat die vervaardigers weier om die verantwoordelikheid vir newe-effekte te aanvaar.
- Dit maak sin dat die vervaardigers bewus was van ernstige newe-effekte omdat hulle weier om verantwoordelikheid te aanvaar.
- Dit maak sin dat daar ‘n ander rede is waarom die regerings van die wêreld mandate instel dat mense ingespuit word, ten spyte van ernstige newe-effekte.
- Dit maak sin dat daardie rede is dat hulle wel kontrakte met die vervaardigers van die spuitstowwe aangegaan het om die hele voorraad wat hulle aangevra het te neem ongeag die newe-effekte, of ten volle te betaal anders word staatseiendom opgeëis om die uitstaande bedrag te verhaal.
Uiteindelik maak iets vir my sin. Ek sou graag die kontrakte te siene wou kry.
Tyd sal leer …
Dis n mond vol. Vertroue maak n goeie vriend.
LikeLiked by 2 people
Inderdaad, vertroue tussen vriende is noodsaaklik.
LikeLiked by 1 person