Gepubliseer in Foto-stories & uitdagings,Joernaal

Dag 14: WRG se 21 dae van dankbaarheid

Ek moet vandag ‘n negatiewe ding wat ‘n positiewe uitkoms gehad het, beskryf. En weereens is dit ‘n moeilike opdrag …

Soveel om uit te kies. Ek het besluit om dit lig te hou.

In Januarie 2021 het Facebook sy hand na my mening oorspeel toe mense verplig is om toegang tot hulle persoonlike inligting te verleen indien hulle WhatsApp verder wou gebruik.

Ek dink almal wat my skrywes lees, weet teen hierdie tyd dat ek teen boelies opstaan, wat dit ookal van my verg. Ek word nie geboelie nie en sien ook nie toe hoe ander geboelie word nie. Dit is teen my beginsels.

Iedergeval, ek het dadelik geGoogle en Telegram en Signal as beter keuses geïdentifiseer omdat hulle baie minder persoonlike data oor gebruikers insamel.

Ek het probeer waarsku teen WhatsApp omdat die data wat deur Facebook ingesamel word gebruik kan word vir identiteitsdiefstal. En moes hoor dat Google en ek weet nie watter toeps ook persoonlike data insamel nie. Wel … daardie maatskappye dwing mense nie om toegang tot hulle persoonlike inligting te verleen nie. Dit is, na my mening, ‘n massiewe verskil.

Self het ek WhatsApp van my foon afgehaal en die twee toeps afgelaai. En watter heerlike leerskool was dit nie? In so mate dat ek tans besig is met ‘n akademiese artikel skryf waarin ek die drie geselstoeps vergelyk om een te kies wat gebruik kan word om mobiele leeromgewings vir hoëronderwys te skep. Die resultate is interessant, maar ek gaan nie nou die aap uit die mou laat nie. Daar is prosesse wat moet volg …

Vir my het die negatiewe ervaring van ‘n maatskappy se boeliegedrag positiewe uitkomste gehad. Nie alleen het ek ‘n akademiese artikel daarop gegrond nie, ek het ook besluit om voortaan meer as een geselstoep te gebruik.

Ek gebruik Telegram om op hoogte te bly met sake rondom die pandemie, want ek het besef dat die massamedia nie meer vertrou kan word nie. Hulle is in die sakke van regerings en groot maatskappye. Bosveld, OFM en die TV word sommer afgeskakel as hulle met die “nuus” begin. Daarna kan ek net nie meer luister nie.

Ek gebruik Telegram ook om met mense in kontak te bly wat reeds oorgeskakel het. Ek geniet die toep baie, hy kan soveel meer as gewone geselstoeps doen.

Dan gebruik ek Signal om met die mense na aan my in kontak te bly. Hierdie een is baie na aan my hart omdat Signal ‘n baie veiliger toep as die ander twee is. Signal is by verre my gunsteling.

Ek is dankbaar dat daar reeds ander toeps beskikbaar was om die skielike gaping te oorbrug. Ek het WhatsApp wel op een van my ou fone, maar daardie foon reis nie saam met my nie. En is ook nie noodwendig altyd gelaai nie. Ek gebruik hom slegs om in kontak te kom met mense wat nog nie die skuif gemaak het nie. Nog nie, want ek glo wel dat die skuif gemaak gaan word – soos vanaf BBM na WhatsApp in 2004.

Ek vermoed ek gaan Trump se Truth Social ook aflaai en gebruik. Ek is nuuskierig oor wat die man daarmee gaan maak. Kleure? Funksies?

Net vir die interessantheid: Ek het al self ‘n toep ontwikkel … een vir onderwysers. En deur al die stappe gegaan, so op my eie. Om dit self in iStore en Google Play te publiseer. Dit was ‘n heerlike leerskool. Seker daarom dat ek nie sal toelaat dat ‘n maatskappy my boelie nie. Daar is oplossings, hulle is nie die enigste mense wat toeps kan ontwikkel nie.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

6 gedagtes oor “Dag 14: WRG se 21 dae van dankbaarheid

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.