Vir dag 5 verwag die WRG dat ek om my moet rondkyk en skryf oor die goed waaroor ek die meeste dankbaar is.
Sjoe, ek hoop nie hulle bedoel dat ek een ding moet opnoem nie. Want daar is sommer baie.
Ons is op die oomblik by die rivier, kom regmaak en skoonmaak vir volgende week wat seun en sy gesinnetjie en sy skoonma en skoonsuster saam met ons kom kersfees vier. Alhoewel ek my dogter en haar gesinnetjie baie gaan mis, is dit die jaar wat hulle in elk geval nie by ons sou wees nie. Die kinders maak mos beurte met ouers vir kersfeeste. Ek is dus dankbaar dat ek kersfees saam met die skoonfamilie van seun gaan vier.
Ek is dankbaar oor die reën wat buite val, al is ek bekommerd oor die Vaaldam wat al voller word met nog reën wat voorspel word. Ek dink die dam sal weereens goed bestuur word, dit is die afgelope paar jaar telkemale reg bestuur. Dit is heerlik om die reën op die grasdak te hoor, ek gaan sommer lekker slaap.
Ek is dankbaar vir die wag wat die ou deel van die huis vandag vir my skoongemaak het. Ek het geen keuse nie, ek gaan kersfees weer hierdie kant moet slaap. Ons het die afgelope baie kere in die nuwe deel van die huis geslaap omdat vlermuise van die ou deel hou. En ek nie lus is om naweke hulle gemors skoon te maak nie. Nou is dit skoon en ek stem saam met manlief al wou ek eers môre die kant slaap. Dit is groter en heerlik by my kombuis waar alles netjies in die kaste pas.
Ek is dankbaar dat manlief kaste vir die kombuis van die woonstel (nuwe deel van huis) gekoop het. Ons sit dit die naweek vas, dan kan ons gaste hulle kos daardie kant gemaklik in kaste pak. Sal sommer ook skoner voel, sal dit nie?
Ek is dankbaar vir kos en klere, vir die vreugde van kersfees by die Vaalrivier.
Laastens is ek dankbaar vir klein Gideonsbendes wat die geveg vir ons veg. Die massamedia maak my gek. Ek wonder werklik in wie se sak hulle is. Maar, dit sal mens wel mettertyd uitvind.
Ek is bly julle gaan ‘n familie kersfees vier. Dankbaarheid is so belangrik, selfs vir die kleinste dinge wat ons lewens makliker maak.
LikeLiked by 2 people
Ek stem saam Anne, dit is na my mening die noodsaaklikste bestanddeel van ‘n gelukkige lewe.
LikeLiked by 1 person
Mooi lys van dankbaarheid. Bly oor familie Kersfees vir julle. Eintlik het ons baie om voor dankbaar te wees🌻🙏
LikeLiked by 1 person
Dankie vriendin, daar is soveel meer as mens net van die massamedia vergeet.
LikeLike
Ek stem, so hou asb aan om dit te post, kan nie wag om te lees elke dag nie🌻🙏
LikeLiked by 1 person
Ek maak so, is lekker as iemand dit lees en saamgesels. Dankbaarheid is aansteeklik, dink ekke.
LikeLike
Dit is🌻🌻
LikeLiked by 1 person
So jammer ek het jou gemis, volgende keer nooi ek jou na my huis vir gesels.
LikeLike
🌻🤗
LikeLiked by 1 person
Ai vriendin, en jy kom so min huis toe. Hoop dit gaan makliker wees later.
LikeLike
Ek hoor jou. Groot lesse geleer die trip. Sal weer kom en dan kuier ons verseker. Ek dink vlg keer sal makliker wees, daarvan is ek oortuig🌻🌻🤗
LikeLiked by 1 person
Ek ook, ek sien ‘n ontwaking, maar nog baie skraal, maar dit is daar.
LikeLike
Ek bly van volgende jaar af baie naby aan een van die Gautrein stasies ….
LikeLike
Nou sien, daar raak dinge klaar makliker,lol🌻
LikeLiked by 1 person
Sien …
LikeLike
Dis wonderlik dat julle die feestydperk saam met jou seun en sy familie kan spandeer! Geniet elke oomblik!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Aletta, ons moet by die rivier wees dat die wag huis toe kan gaan. Dit is dus lekker dat hulle na ons toe kom.
LikeLike
😊💕
LikeLike