Ek het gister geskryf oor kleinseun se graffiti op die mure. Nadat ek skoongemaak het, het ek die merkerpenne steeds nie gebêre nie.
Hy teken alte oulik daarmee op die wit papier wat daarvoor gekoop is.
Woensdag, twee dae later, is weer sy kuierdag by ouma. Ek maak huis skoon, trek ek die gordyne oop en kry die skok van my lewe. Onthou, ek was daar terwyl hy dit gedoen het, het gedink hy is net besig met nommer twee.
Hy het ook graffitti op die kant van die skuifdeur, my roomkleurige kantgordyn en die roomkleurige agterkant van die gordyne gemaak. Helderkleurige groen en pienk, en daar is ook oranje op die kantgordyne. Ek het geweet van die pienk en groen, dus is die oranje vroeër die dag gedoen.
Ek is bykans seker dit gaan afwas, maar ek weet nie so mooi nie. Aan die een kant is ek lus om die deel agter die gordyne te los en hom eendag daarmee te terg, maar ek sal waarskynlik maar was en skoonmaak.
Later die dag vang ek die mannetjie waar hy die gordyne skelmpies van die muur wegtrek en na sy handerwerk op die agterkant van die gordyne kyk. Hy sien nie ek hou hom dop nie en ek loop saggies nader om te kyk waarvoor hy kyk.
En ek is reg, hy staan met die botteltjie koeldrank in die hand na sy handewerk en kyk.
Toe hy my sien, kyk hy my so grootoog aan en sê:
Ô … ÔÔ …
En toe bars ek uit van die lag.
Ek het regtig nie gedink hy sou sy handerwerk op my gordyne onthou nie. Maar dit was absoluut kostelik, want hy het geweet dit was verkeerd om op ouma se gordyne te skryf.
Nodeloos om te sê, skryf ons nou by die tafel. En wanneer hy nie meer daar wil skryf nie, onderhandel ek om die penne terug te kry en te bêre.
Waar Picasso dit nie in die hande kan kry as hy nommer twee agter my gordyne nie …
Foto: Ek deel nie sy gesiggie nie, net die manier waarop hy in die kokon staan en nommer twee … Is dit nie oulik nie? Ek vermoed hy gaan maklik leer om ‘n toilet te gebruik.
oulike outjie!
LikeLiked by 1 person
Ek het so vir hom gelag.
LikeLiked by 1 person
ek kan dit glo
LikeLiked by 1 person
Ek geniet dit baie
LikeLiked by 1 person
My kleinkinders kon met n whiteboard marker op die gaste toilet se muur teken. Hulle het van kleins af geleer dus die
enigste plek waar hulle ooit op n muur kon skryf. Die 3 jongstes het nie die kans gekry nie…ek is seker hulle ouerhuise gaan deurloop
LikeLiked by 1 person
O jitte, dit is waar.
LikeLike
Jy gaan sukkel om daai gordyne skoon te kry hoor
LikeLiked by 1 person
O jitte, ek het gehoop dit gaan so maklik soos die muur skoonmaak.
LikeLike