Ek het nooit van tee gehou nie, net koffie gedrink. ~so agt koppies per dag, want ek hou ook nie van water, koeldrank of drank nie. Laasgenoemde drink ek glad nie.
Ek is nie noodwendig ‘n geheelonthouer nie, want ek voel regtig baie sleg as ek wyn ingekry het. My suikervlakke skiet die hoogte in en val dan te laag om goed vir my te wees. Dit pla my egter nie, ek het sonder drank grootgeword en verkies dit steeds presies net so.
Miskien het ek selfs ‘n gly in drank gekry die dag toe my een neef smoordronk by ons plaas aangekom het en my pa probeer slaan het. Waarom weet ek nie, ek was te klein om te onthou. Ek onthou egter die aggressie, die wieg op die voete, die drankasem, die verleentheid om hom my neef te noem. Hy was baie ouer as ek. Lankal uit die skool en getroud. Ek was nog in die laerskool en dit het ‘n geweldige impak op my gemaak. Die feit dat ‘n mens waarvan ek gehou het so verander kon word deur die drank wat hy ingeneem het, het my beslis beïnvloed.
Miskien omdat my eerste kêrel – wat ek eers in matriek mag gehad het – my na sy pa se verjaarsdagpartytjie toe genooi het. Ook op ‘n plaas. Toe ek weer sien, gryp hy my aan die arm, ons moet dadelik na my huis toe gaan. Toe ek buite kom, is sy pa en oom – smoordronk – in ‘n geveg om lee en dood betrokke. Met kettings. Ek het my naar geskrik, van die oom het ek tot toe baie gehou. Hoe kon drank dit aan ‘n mens doen? Jou so verander dat jy so aggressief kon word? Jou eie broer sou doodslaan as jy kan?
Miskien het my dae as rugbyspeler se vrou, later as voorsitter se vrou en ook die dae in die presidentlosie van Noord-Vrystaat Rugby Unie my bewus gemaak van die invloed van drank op sommige mense se persoonlikhede. Soms het ek van vrouens gehou, tot ons die aand saamkuier en die drank vloei en hulle hulle inhibisies heeltemal verloor het. Dan was ek spyt dat ek hulle beter leer ken het. Het ek verkies om sommer alleen te sit en speel met my kinders.
Maar dit is nie waaroor ek wil gesels nie. Ek wil oor my tee-versameling gesels.
Ek het in 2018 rond ontdek dat ek ‘n weerstandigheid teen laktose het, iets wat in alle melkprodukte is. Aangesien dit vir my ‘n onstuitbare loopmaag vir dae lank gegee het, moes ek melk staak. En daarmee saam moes ek dus ophou koffie drink, want koffie sonder melk is maklik die slegste drankie wat daar is. Ek het na tee oorgeskakel en rooibos begin drink, maar dit was sleg.
Toe ontdek ek Suid-Afrikaanse gegeurde tee, ek dink dit was Vyf Rose s’n. Maar dit was so duur dat dit nie my daaglikse drankie kon word nie, eerder my weeklikse een. Van Rooibos sukkel ek om te hou, veral as dit super-eg is. Daardie rooi kleur en die soeterige geur sit my af, selfs al proe die tee asof daar melk in is. Maar dit was ‘n goeie uitweg. En vandag, toe ek by my ma gaan rooibos drink, is dit weer vir my lekker. Miskien moet ek hoor watter maak sy koop?
En toe trek ons 5 Maart 2019 Kazakhstan toe. En daar gaan ‘n wêreld van tee vir my oop. Ek het al daarvan vertel, ek het ‘n magdom soorte gekoop.
Hulle is teedrinkers.
In Öskemen, ons stad vir die eerste 15 maande, was daar drie groot winkels waar mens kan koop – Metro, Arzaan en A-Store. In hierdie winkels het ek verlore geraak by die ellelange rakke met tee van alle soorte en geure.
Manlief het sommer dikbek geraak as ek met nuwe tees aangedraf kom om in die trollie te sit. Want ek het my gunstelinge gehad, maar elke keer nuwes bygekoop. Ek het al vertel van my kaste vol tee.
Intussen het ons teruggekeer, en hier het ek Carmien se heerlike geure rooibostee ontdek. Ek bestel sommer direk van hulle af. ‘n Wavrag tee as dit by my aankom. Vir ‘n rukkie, want ek drink 6 tot 8 koppies tee per dag. Juis omdat ek nie van water hou nie.
Terug in Gauteng, het manlief die rakkie wat ek by my ma gekry het toe hulle stad toe getrek het, teen die muur van ons babahuisie vasgesit. Want … daar was nie plek vir glase nie. Dit was dus eers my kristalglase se rakkie.
En toe gaan ‘n liggie aan toe skoondogter die naweek vir my vertel dat motte van tee hou. My tee is wel onder in ‘n kas in plastiese houers, daar is geen motte nie, maar … ek drink elke dag dieselfde tee. Juis omdat ek te lui is om elke keer in die kas in te buk, deur die plastiese houers te blaai en een te kies. Dit het veroorsaak dat ek moeg vir my tee geword het, want ek vat die boonste paar raak as ek buk.
Ek het reeds 6 van hierdie oulike botteltjies in Kuruman gekoop. Dus is ek na Westlife toe waar ek nog baie stelle van ses glasflessies gekoop het. En toe word die probleem opgelos.

Die boksies is gesny sodat die etikette gebruik kan word om die tee te onderskei. Ek wil nie op die bottels skryf nie omdat sommige van die tee later nie meer verkrygbaar gaan wees nie. Soos my Kazakhstan tee wat hoofsaaklik in die middelste ry staan.
Ek mis dit om in ‘n winkel in te stap om Curtis en Greenfield tee te kan koop. Veral Curtis, dit is piramiede sakkie tee en het geure soos Veselperske, Suurlemoen, Truffle en Banana Flambe. Daar is ook twee botteltjies met tee waarop in Russies geskryf is – en wat ek moes uitwerk wat ek koop deur middel van ‘n vertaaltoep. Soos byvoorbeeld myata, wat mint beteken. Die Berton tee staan heel bo, hulle was baie, baie duur en is nie noodwendig lekker nie. Tog wil ek hulle so lank as moontlik hou.
So terloops, daar is 65 botteltjies, elkeen met sy eie soort tee in. Daar is egter meer as 65 soorte tee omdat die wat nie boksies gehad het nie, steeds onder in die kas in plastiese houers is. Soos Suid-Afrikaanse chai tee.
Ek is baie, baie suinig met my Kazakhstan tee. Het vir Mia gevra om vir my saam te bring wanneer hulle kom, maar daar is mos weer nuwe verwikkelinge. As hulle kom, kan hulle nie maklik teruggaan nie. Dus deel ek dit nie sommer uit nie – en bied ek ook nie my Kazakh tee aan wanneer ek gaste kry nie.
Manlief sal soms vra dat ek vir die gaste Kaz tee maak, en dan maak ek net een pot vol. Ek bied ook nie aan om nog een te maak nie, al skink hulle ‘n tweede koppie.
Ek het enkele van my sakkies tee al weggegee. Was baie rojaal daarmee toe ons nog in Kaz gebly het. Het die tee as geskenkies weggegee. Nou doen ek dit nie meer nie, want daar is geen manier waarop ek 10 000 km kan vlieg om dit self te gaan koop nie. En nadat ek onlangs 10 sakkies weggegee het, is ek heeltemal suinig daarmee, deel niks verder uit nie. Ek twyfel of iemand wat nie in Kaz gebly het nie, die tee werklik sal waardeer.
Ek hoor skimpe, maar dit vlieg by een oor in en by die ander ene uit. Want ek wil my herinneringe aan Kazakhstan so lank as moontlik uitrek – met geurige tee in my koppie.
Sal ek vir vriendinne daarvan maak?
Hmmm, tyd sal leer.
Waarskynlik as hulle baie graag wil proe. En as ek weet dat hulle teedrinkers is …
Is daar iemand wat my teeversameling verbysteek? Meer soorte as ekke het? Ook van tee hou? Graag ander lande se kultuur beleef? Gesels gerus saam …
Mens, maar dis baie tee. Ek het van daai gegeurde tee ook nou in SA gekoop, nog nie oop nie, maar sal sien wanneer ek terug in Sandpit is. Kassie met tee lyk baie mooi
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Carien, dit is heerlike tee. Jy sal daarvan hou. Watter soorte?
LikeLike
Lemon en iets, vanillas en cookies &cream🥳🥳 klink heerlik
LikeLiked by 1 person
Cookies and cream is awesome, maar jy sou baie van Turkish delight gehou het.
LikeLike
🌻🌻, sal moet wag vir volgende keer😄
LikeLiked by 1 person
Is waar, jy toe veilig terug?
LikeLike
In Tanzania nou, as als goed gaan vlieg 23 e terug.
LikeLiked by 1 person
Sterkte, kuier jy daar of is dit ‘n wagplek?
LikeLike
Dis wagplek vir nog so 8 dae🌻
LikeLiked by 1 person
Ag vriendin, dit is sleg.
LikeLike
Of is dit lekker?
LikeLike
Om werlik te wees Christa, mens het geen beheer nie, maak nie saak hoe jy beplan nie. Jy dink jy is gesort en het haarfyn 6 planne uitgewerk en dan gooi hulle net nog goed voor. Dit hou nie op nie. So sad soos dit is sien ek glad nie die lekker hierin nie. Dit moet nou net een kant of anderkant toe, die “limbo” gevoel maak my gek.
LikeLiked by 1 person
Skuus vir my negatiewe post, moes dalk net vent en jy op daai oomblik gevra. Eintlik is ek ongelooflik blessed Christa. Dalk is die my pad om regtig in my hart te besef dinge is nie in enige mens se hande nie. So, dit gaan van nou af weer goed met my en dis lekker hier🤗🌻🌻
LikeLiked by 1 person
Ek weet mens het nodig om te vent en ek verstaan. Het jy darem ordentlike blyplek daar? Word julle ingehok, of kan jy die bestemming beleef?
LikeLike
Ek stem saam, ek het dit ook beleef.
LikeLike
Mmm Christa, is dit nou ‘n uitdaging? Nee wat, jy weet hoe lief is ek vir verskillende soorte tee. Op die oomblik word my versameling al hoe kleiner want vriende en familie het lank laas oorsee gereis en vir my tee terug gebring. Ek is so bly dat jy verskillende tee ontdek het. Daar sal altyd ‘n paar ‘go to’ tees wees, maar dit is heerlik om ander soorte te proe!
LikeLiked by 1 person
Ek stem so saam met jou. Met jou sal ekl wel van my tee deel, jy is ‘n tee-liefhebber.
LikeLike
Ek sal eendag moet kom kuier 🙂
LikeLiked by 1 person
Jy sal net moet. As jy in Pta is, en nie kom kuier nie, gaan ek sommer net hartseer wees.
LikeLike
Ek is ook baie lief vir tee en drink baie min koffie! Het ook ‘n verskeidenheid rooibos tee en geniet dit sommer baie. Nie naastenby so baie soos jou versameling nie Christa!
LikeLiked by 1 person
Ons twee gaan lekker saamkuier.
LikeLike
Verseker
LikeLiked by 1 person
Ek gaan beslis plan maak
LikeLike
Wonderlik 👏👏
LikeLiked by 1 person