Ek en manlief het my verjaarsdag verlede jaar alleen in Kazakhstan gevier, met geen hoop om in die afsienbare toekoms in ons eie land terug te wees nie.
Want die grense was steeds weens die inperkings toe en ons vliegtuigkaartjies wat ons in goedere trou vir die soveelste keer sedert Maart 2020 gekoop het, is weereens gekanselleer. Dit terwyl ek net een begeerte gehad het, naamlik om my 60ste saam met my kinders en kleinkinders te vier.
Vanjaar was soveel anders.
Ons is terug in die land – wat my man die land van melk en heuning doop – en ek kon dit dus saam met my kinders en kleinkinders vier. Maar nie op een plek nie, want my dollatjie het middel-Julie na die Wes-Kaap verhuis. Sy het my egter op die dag twee keer gebel. Een keer om sommer net lank en lekker te gesels, ek dink ons het een hele uur weggesels. En toe met ‘n video-oproep, dat my drie kleinkinders aan haar kant ook vir ouma geluk kan sê.
En toe gaan eet ons die aand saam met seun, skoondogter en kleinseun by ‘n baie deftige restaurant in Waterkloof uit. Waar manlief my persent gegee het. ‘n Stringetjie pêrels, met twee stelle oorkrabbertjies. Want hy kon nie kies nie.
Ek was baie verras, want hy het versoek dat ek die persentjie van verlede jaar dra omdat die nuwe boks sjokolade daarby pas. Toe is dit heeltemal, maar heeltemal iets anders. Sy versoek het my laat dink dat dit ‘n armband kan wees. Of dalk ‘n horlosie, hy hou baie min van my Garmin se wit, plastiese bandjie.
Dit was een heerlike aand, ons het snaakse kos geëet en die sjef het seker gemaak dat ek geen melk in enige van my kos gekry het nie. Sy resepte aangepas toe ek vir die bestuurder/eienaar vra watter van die geregte melk of kaas bevat.
Ek is werklik geseënd om so bederf te word.
Self het ek maar redelik olik gevoel. Uiteindelik weet ek waarom, nadat ek die afgelope twee jaar gereeld by dokters oor moegheid gekla het. Ek het ‘n ernstige ystertekort. Die probleem word tans behandel, dus sien ek uit daarna om weer energiek te wees.
Dankie, my liefste gesin.
Julle maak elke verjaarsdag spesiaal!
Ek lief julle baie.
Hooffoto: My voorgereg: Varkpens met swart risotto rys.
Jou man is n romantiese siel. Ek is bly jou ystertekort word aangespreek. Een vd dae huppel jy heeltyd.
LikeLiked by 2 people
Dankie, Seegogga, ek kan nie wag om weer myselwers te voel nie.
LikeLiked by 1 person
Christa! Wat ‘n wonderlike bederf…beslis nie pêrels voor die swyne nie!!
LikeLiked by 2 people
Geniet jou idiomatiese gebruik. Hoop nie so nie …
LikeLiked by 1 person
Geweet jy sal dit snap!🤭
LikeLiked by 2 people
Hmmm, ek het dit nie voor swyne gekry nie, dit is een groot ligpunt.
LikeLiked by 1 person
Ja.Geniet jou tweede honeymoon💞 . Julle is mos in die land van melk en heuning.
LikeLiked by 2 people
Interessante beskrywing, ons is inderdaad waar dit saak maak. Naby ons mense, naby ons kerk.
LikeLiked by 1 person
Baie geluk met jou verjaarsdag! Jy was beslis lekker bederf
LikeLiked by 2 people
Dankie liewe vriendin!
LikeLiked by 1 person
❤
LikeLiked by 1 person
So bly vir jou om jou verjaarsdag daar te kan wees, en jou man is briljant vir daardie bederf🌻🌻🌻
LikeLiked by 1 person
Dankie Virgo, hy is baie spesiaal. Besef dit elke dag meer en meer.
LikeLike
Mens lees sommer raak dat jy jou aand terdeë geniet het, Christa.🌺🌺
LikeLiked by 1 person
Dankie, vriendin.
LikeLike
Romantiese man en n heerlike eetbederf! Nou net vorentoe, Christa!
LikeLiked by 1 person
Dankie Woordnoot, nou kan ek weer lekker gesels …
LikeLike
So lekker as ons dinge vir mekaar spesiaal maak! Ek is baie bly jy het dit so geniet! ❤
LikeLiked by 1 person
XXX
LikeLike