Ek het al vertel dat ek en manlief net een keer op ‘n gholfbaan in Almaty was. Wel, vandag herinner my iPad my aan hierdie foto wat vandag my hooffoto is.
Die foto is op 31 Augustus 2020 geneem, dus bykans ‘n jaar gelede. Ons het net een keer daar gaan speel want dit was belaglik duur. Ek kan nie meer presies onthou hoe duur nie, maar ons het iets soos R5000 vir een potjie gholf betaal. Want ons moes ook ekstra balle koop, ons het op die eerste nege gaatjies baie balle verloor.
Ek dink almal weet dat ons die tyd in Almaty en Kazakhstan baie geniet het.
Goeie herinneringe aan ‘n avontuur wat ek en manlief so op ons ouer dag aangepak het. Ek sou nooit kon raai dat ek so iets sou doen nie.
Kazakhstan sal altyd ‘n baie spesiale plek in my hart hou.
Ons het soveel herinneringe aan spesiale Kazakh en Russiese vriende saam met ons gebring, mense wat steeds kontak behou.
Ek het ook herinneringe saamgebring aan die enkele Suid-Afrikaanse vriendin wat ek toevallig in Ust’-Kamenogorsk gemaak het – haar man werk vir ‘n ander maatskappy en het ons in die dorp bevriend toe hy hoor ons praat Afrikaans. Saam het ek en Mia die stad verken op soek na plekke waar ons tee kan drink.
Jy het mooi fotos vir jou herinnering-pakkie bymekaar gemaak.
LikeLiked by 2 people
Dnkie, Una, ons gaan nog jare lank kan kyk.
LikeLike
My man sal die gholf baan geniet het!
LikeLiked by 2 people
Met die sneeu wat nog op die berge wys, al is dit amper weer herfs.
LikeLike
😊
LikeLike
Teen daai bedrag! 1x té veel😳
LikeLiked by 1 person
Manlief het gesê hy wil net speel, nie die baan koop nie. Maar toe betaal ons maar vir die ervaring …
LikeLike
Hie!Hie! Dis nou wat jy noem goeie sportmanskap. Iemand moet die ekonomie aan die gang hou,né,Christa😝
LikeLiked by 1 person
Is so, maar ons dink steeds ons was belaglik om dit te betaal. Daar skakel mens in $ oor en dan dink jy nie dit is so erg nie …
LikeLike
Darem tog ‘n goeie herinnering vir altyd.
LikeLiked by 1 person
Dit is. Ons was geseënd daar, is ook terug in die land geseënd.
LikeLike
Ek geniet hierdie Kaz-herinneringe, Christa!
LikeLike
Dankie, San, ek ook. Veral noudat ek heel moontlik die probleem geMcGyver het
LikeLike
Nuwe ervarings in ander plekke/lande is altyd meer ‘pret’ as tuis. 🙂
LikeLiked by 1 person
Presies net so.
LikeLike