Gepubliseer in Joernaal,Tegnologie

PicCollage vir my titels en foto’s

Ek gebruik PicCollage om twee redes vir my WordPress plasings. Eerstens hou ek daarvan dat die prente ‘n eenheid moet vorm as iemand deur my blog blaai, elkeen met die titel in die foto om die plasing aan te kondig. Tweedens verminder ek die grootte van foto’s omdat ek ses foto’s in een foto kan plaas in plaas daarvan om hulle apart te plaas.

Lees voort “PicCollage vir my titels en foto’s”

Gepubliseer in Joernaal

Sit op jou masker … ons nuwe giggel gesegde

Einde Januarie moes ons alweer ‘n nuwe grassnyer vir die rivierhuis koop. Daardie een is poegaai. Manlief is op sy trekkergrassnyertjie om die gras te sny en daarna is ons Klerksdorp toe om ‘n nuwe een te koop. Want die trekkertjie is manlief se speelding, dit gaan nie gery word as hy nie daar is nie.

Lees voort “Sit op jou masker … ons nuwe giggel gesegde”