Nog ‘n boekresensie uit die pen van die 9-jarige Chrisjan. Ek geniet sy resensies vreeslik baie, die taalgebruik van ‘n seuntjie wat dit geniet om boeke te lees.
Maand: Februarie 2021
Internasionale moedertaaldag – 21 Februarie ‘21
Ek moes dit net doen … die datum. Lyk dit nie interessant nie?
Lees voort “Internasionale moedertaaldag – 21 Februarie ‘21”
Sal ek reis om ‘n referaat by ‘n kongres te lewer?
Ek wag vandag vir ‘n e-pos van Researchgate af en kry dit nie. Hulle beveel aan dat ek onder die gemorspos gaan kyk, maar dit is nie daar nie. Daar is wel twee ander e-posse wat my aandag trek.
Lees voort “Sal ek reis om ‘n referaat by ‘n kongres te lewer?”
En toe kap ek om …
Ek gesels met blogvriendin Appeltjie, sy het ‘n seer elmboog ontwikkel. En ‘n inspuiting daarin moes kry. Dit het my herinner aan die kortisooninspuiting wat ek die einde van Januarie in my linkerhand gekry het.
Boekresensie: Donker drif
Iewers in my lewe het ek ‘n hekel aan dik boeke gekry. Tussen skoolhou en kinders groot maak en self studeer en navorsing, is daar nie tyd om dik boeke te lees nie. En ek word nie in vrede gelaat om my boeke te lees nie, ek moet by al die huishoudelike take ook uitkom.
My iPad luister in …
Gister stuur vriendin Mia vir my ‘n Signal boodskap uit Kazakhstan. Hi, ek is in Almaty en ek mis jou.