Gepubliseer in Joernaal,Tegnologie

PicCollage vir my titels en foto’s

Ek gebruik PicCollage om twee redes vir my WordPress plasings. Eerstens hou ek daarvan dat die prente ‘n eenheid moet vorm as iemand deur my blog blaai, elkeen met die titel in die foto om die plasing aan te kondig. Tweedens verminder ek die grootte van foto’s omdat ek ses foto’s in een foto kan plaas in plaas daarvan om hulle apart te plaas.

PicCollage bied ‘n gratis plan, dan word hulle logo op elke foto vertoon. Ek gee nie regtig om nie, omdat ek nie R85 per maand wil betaal as ek ‘n paar foto’s maak nie. Buitendien, dit is nie oorweldigend nie, na die eerste foto’s kyk mens bo-oor die fyner detail.

Ek is vanoggend lus om San, my blogvriendin, te wys hoe om dit te doen. Dalk baat ander ook daarby, dus plaas ek dit sommer hier.

So maak mens:

Laai die toep van die toepwinkel af. Hy lyk so:

Kliek op die + onderaan die bladsy om te begin.

Loer gerus na al die templates, mens kan oulike goed met PicCollage doen. Ek verkies GRIDS vir my WP plasings. Dit werk maklik. Kliek op die grid wat jy verkies. Ek gebruik die eerste een vir die titels van my plasings.

En ek hou van die onderste ry keuses vir meer as een foto.

Kliek dan op die ikoon vir prente onderaan die grid wat oopgegaan het (foto 1 onder).

Kies die foto’s uit jou biblioteek. As daar nie is nie, kliek op add photos en kies die foto’s wat jy wil gebruik uit jou biblioteek. Die foto’s wat gekies is, word grys en bo-aan word aangetoon hoeveel foto’s jy reeds gekies het (sien foto 2 bo). Maak seker dat jy die regte getal foto’s kies, anders is daar te veel of te min vir die grid.

Kliek dan op die seegroen blok waar die getal aangedui word om die foto’s in die grid te plaas. Jou foto’s sal dan in die blokke wys, ek het die een met ses foto’s vir hierdie les gekies (foto 3).

Dan kliek jy, as jy ‘n titel wil gee, op die Aa onderaan die bladsy om die titel te skryf (foto 4). Dit is so bietjie ingewikkeld omdat jy die hele titel moet uitvee as jy tikfout maak, maar dit is nie hinderlik nie. Jy kan met die skrif speel en ander fonts kies, ek hou van een font vir my blog, verander net die kleur as dit nie mooi op foto wys nie.

Jy kan die kleure ook verander (foto 1) onder en ook ‘n agtergrond kies. Jy kan ook animasie kies. Speel met die opsies wat daar is om jou perfek te vind.

As jy met ‘n stap tevrede is en nie kan aangaan nie, moet jy soek vir ‘n regmerkie op die bladsy, daar waar jy keuses gemaak het, en daarop kliek en dat jy kan aangaan.

Kliek op DONE in die boonste regterkantste hoek as jy tevrede is.

Kliek op SAVE to LIBRARY om dit op jou rekenaar of foon te stoor. Ek gebruik my iPad, maar fone werk net so goed.

Jy kan die foto’s ook na mense stuur en na jou WP. Ek het dit gou getoets, die foto word dan as ‘n plasing gepubliseer. Ek sal dit dus nie so gebruik nie.

Daar is baie meer wat jy kan doen. Jy kan plakkers opsit of animasies doen. Ek doen nie animasies nie, dit maak die foto’s groter en gebruik te veel spasie op my blog – dit is veral belangrik as jou blog gratis is omdat WP die spasie beperk.

Ek sal nog eendag as ek tyd kry met die template ook speel, vir nou hou ek van PicCollage vir my WP-plasings.

Ek hoop dit help?

Sien uit om te sien wat jy daarmee doen.

Om die titelfoto in jou blog te plaas, gaan jy so te werk:

  1. Kliek bo regs op die …
  2. Kliek op post settings
  3. Kliek op set featured image
  4. Kies die foto van jou rekenaar of foon af en laai op
  5. Wag tot hy opgelaai is
  6. Update jou plasing

Om ‘n foto in jou plasing te sit, maak jy so:

  1. Plaas kursor in die teks waar jy die foto wil insit
  2. Kliek op die plus links onder op die plasing bladsy van WP
  3. Kies die foto
  4. en kliek op Insert om dit in jou plasing te sit

Lekker skryf.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

6 gedagtes oor “PicCollage vir my titels en foto’s

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.