Ek gebruik PicCollage om twee redes vir my WordPress plasings. Eerstens hou ek daarvan dat die prente ‘n eenheid moet vorm as iemand deur my blog blaai, elkeen met die titel in die foto om die plasing aan te kondig. Tweedens verminder ek die grootte van foto’s omdat ek ses foto’s in een foto kan plaas in plaas daarvan om hulle apart te plaas.
Dag: 17 Februarie 2021
Boekresensie: Hondman
Nog ‘n boekresensie uit die pen van Chrisjan (9). Hy is darem een van die dae 10, sy ouma spot lekker dat hy nou ‘n tiener is. Dan reageer sy mamma met: “Nee, eers op 13!” en dan lag ons twee soos samesweerders …