Gepubliseer in Joernaal

Times Live lieg oor resultate van aanlyn vraelys

Times Live lieg blatant oor die resultate van hulle lesers se siening oor die toegang van geëntes versus diegene wat weier om die entstof te neem.

Lees net bokant die uitslag van die drie vrae. Daarvolgens het 42,54% van die respondente gestem vir No vax, no entry. Kyk dan na die uitslag nadat ek vandag gestem het – naamlik slegs 38,46% van die respondente het daarvoor gestem. Die meeste het gestem dat hulle nie gedwing mg word om ‘n inenting te neem nie.

Volgens die skrywer het 37% van die mense gesê dat hulle nie gedwing moet word nie, maar die uitslag is eintlik 40,93%.

Sulke blatante leuens is onvanpas in die joernalistiek.

En behoort aangespreek te word.

Wat mens laat wonder … dink die “joernalis” sy lesers is dom? Of aanvaar hy net dat hulle nie sal toets of hy twak kwytraak nie?

Iedergeval, ek sal sukkel om enige iets te glo wat hy hierna “berig” want hy verdraai die waarheid …

Waarom kan mens net raai …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

20 gedagtes oor “Times Live lieg oor resultate van aanlyn vraelys

  1. “Lies, damned lies, and statistics” is a phrase describing the persuasive power of numbers, particularly the use of statistics to bolster weak arguments – hier is ‘n deel van jou antwoord.

    Liked by 3 people

  2. Erens is daar n groot slip-up! Dink hulle regtig niemand sal die werklik raaksien nie? Is dit die drukkersduiwel? Het hy sy artikel geskryf voor die finale resultate en nagelaat op te update? Soms wonder ek ook oor die werklike resultate van bv verkiesings ens.

    Liked by 3 people

  3. Statistiek kan gevaarlik wees. Meeste mense vermy getalle of lees daarin wat húlle wil. Min mense doen die moeite om stats te ontleed en nog minder het die vermoë om waninterpretasie daarvan te identifiseer.Bravo!

    Liked by 3 people

  4. Tannie, as dit een ding is wat ek geleer het is dat baie statistieke n leuen is… selfs sommige goeters op die nuus, en meeste mense glo wat hulle sien en bevraagteken niks; sekerlik hoekom meeste dinge gaan soos wat dit gaan. Tannie het n skerp oog.

    Liked by 2 people

      1. I do, when we did Psychological Measurements at University the desired result was predetermined and the stats fitted to them. Not every time but if things seem too good or too bad to be true beware.

        Liked by 2 people

  5. So waar en mens kan statistieke baie dinge laat bewys, afhangend hoe jy data kry, gebruik, vertolk. Media besef mense is te lui om werklik te kyk en navorsing te doen en kom so met so baie leuens op wat almal glo.

    Liked by 1 person

        1. Wat my laat wonder, waarom moet die stats elke dag in elke nuusberig onder ons neuse gedruk word? Ek twyfel glad nie dat die stats gemanipuleer word nie, want daar is net te veel mense op wie se doodsertifikate staan “covid-related” as hulle aan iets heel anders dood is.

          Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.