Om ‘n Miniatuur Schnauzer se mensmamma te wees

Ek het hierdie artikel op 17 Junie 2017 begin skryf. Nooit klaargemaak nie, dit het in die besig-om-aan-te-werk lêer gaan lê en wag, saam met baie ander.

***

My dogter het vreeslik baie navorsing gedoen voor sy ‘n tweede woef aangeskaf het: moet met ander woewe oor die weg kom, goeie geaardheid, moenie hare verloor nie, ensomeer. Uiteindelik het Miniatuur Schnauzers al die boksies gemerk, en so het sy vir Katryn gaan koop. As ek reg onthou was dit in Harties se wêreld. Katryn moes Kobus se maat wees. En, gebaseer op haar oulikgeid het ek vir Illonka ‘n jaar later aangekoop.

Illonka (troetelnaam BB wat afkorting vir Bederfde Brak is) is ‘n volbloed Miniatuur Schnauzer en van Piet Retief afkomstig. Sy het sommer gou in ons almal se harte ingeklim en sy is nie altyd seker dat sy ‘n woef is nie. Ek ook nie, want ek is haar mensmamma, nie haar baas nie.

BB verstaan baie woorde, ek moet begin navorsing doen oor presies hoeveel.

Ek kan byvoorbeeld vir haar sê: Lê stil! as seun haar magie krap. En dan sal sy ophou krap, al smag sy daarna. Haar hele gesigsuitdrukking sê dat ek haar darem nou vreeslik baie straf. Dit is mos ‘n woef se lewe.

Sy is my beste maatjie en doen alles saam met my. Ook op my vierwielfiets. Daar staan sy met twee agterpote op my bene en twee voorpote op die fiets. Gereed om enige ding te sien wat naby ons beweeg.

BB het intussen twee keer babas gekry. Ek het eers as teler geregistreer, Arendsig. Toe het ek haar met geregistreede Miniatuur Schnauzers laat teel. Ek sal bietjie in die boeke moet gaan kyk, die tweede reuntjie se naam was Sparkie. En hy is Shilo se pappa. Ek kan nie onthou wat Sobek se pappa se naam was nie.

Dit is lekker om ‘n Schnauzer se mamma te wees. Hulle verstaan my, neem my behoeftes in ag en pas my op. Ek is so lief vir hulle.

***

Ek het die afgelope twee jaar bykans sonder hulle geleef. Hulle was veilig by my seun in sy erf, maar my hart het so baie verlang. Die naweek is hulle by my, lê en slaap langs my bed by die rivier. By my slaap hulle in die huis, by my.

Want, hulle gaan saam Kuruman toe. Ek sien glad nie kans om in Kuruman se bly sonder my woewe nie. Hulle is my ander asems in ‘n vreemde huis. My ore, my maatjies. My woefkinders.

20 gedagtes oor “Om ‘n Miniatuur Schnauzer se mensmamma te wees

  1. As jy eenmaal n Schnausie gehad het kan jy nie sonder hul wees nie. My eerste enetjie in 1980 gekry. Spesiaal van Pretoria vervoer deur n gawe man wat oppad was Pietersburg toe. Ek was in Potties. Die man het gesê sy was die soetste hondjie die hele twee en ‘n half uur se ry. Was my eerste jaar hier in NZ sonder hond want my seun het ‘n yorkie gehad(wat nou al n ou man). 2010 gaan kyk ons sommer net vir die lekker na n nes klein hondjies. Was nie regtig van plan om n reuntjie te kry nie. Daar was net mannetjies oor van die agt kleintjies. Kom daai borselbekkies na my toe aan toe kon ek nie anders om een te koop nie. Ek het $1300 in my rekening gehad en dit uitgehaal en betaal. Dis nou my ou Trompie wat my alles is. Het jy geweet dat Schnauzers die meeste klanke(blaffe) het van alle honde?

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.