Gepubliseer in Resensies

Resensie TV-reeks: Afgrond

Ek is ‘n absolute ondersteuning van Afrikaanse TV-reekse, stories, flieks en musiek. Nie tot op die vlak waar ek enige iets as goed sal beskryf nie, maar ek gee die Afrikaanse werke ‘n goeie kans voordat ek dit afskiet en nie verder kyk of luister nie.

Afgrond is – soos Lioness – ‘n Suid-Afrikaanse TV-reeks. Die een in Engels (Lioness) die ander in Afrikaans (Afgrond). Die een nuwer (Afgrond – episode 2) as die ander een (Lioness – episode 5). Beide dus nie veel nodig om in te haal om dan weekliks te volg nie. Vandag gesels ek spesifiek oor Afgrond.

***

Afgrond handel oor vyf vroue van uiteenlopende agtergronde wie se lewenspaaie kruis wanneer hulle vir hulle bestaan moet baklei. Hulle lewens is, volgens die skrywer, verweef, maar die kyker raak voor die karakters bewus van hoe hulle met mekaar verweef is.

Die eerste episode was vir my skokkend. Ek wil weet hoe dit moontlik is dat so iets in ‘n prokureursfirma gebeur? Maar dan besef ek ook dat ek nie al die mensekennis in pag het nie. Nie weet hoeveel ‘n mens bereid sal wees om te verdra om vir hulself en hulle gesinne te kan sorg nie. Ek dink nogal ek sou my kennis gebruik om my uit die situasie te kry, daarom wil ek weet hoe dit moontlik is dat dit nie gebeur het nie.

Al die vrouens word in die eerste episode aan die kyker bekend gestel.

Julia Cillier (Jana Kruger – een van my gunstelingaktrises) is die sielkundige/psigiater en haar kru, beledigende man, die prokureur (Stian Bam – wat sy rolle so goed speel dat ek nie van hom hou nie). Hulle tienerdogter aanbid die kru pa en verfoei die sagter ma.

Hannelie Fourie (Marguerite van Eeden) is een van die klerke by Julia se man se werk wat onder baie moeilike omstandighede haar werk moet doen – ter wille waarvan wil ek weet?

Nadine May (Gretchen Ramsden) het tussen liefde en klerkskap by dieselfde prokureursfirma gekies en klerkskap het gewen. Sy gaan waarskynlik Hannelie se paadjie volg.

Lana Bridget (Kim Cloete) is ‘n sepiester wat na 5 jaar in ‘n koma wakker word. Net betyds, want hulle wou haar masjiene afsit. Dit lyk asof haar bestuurder nie haar beste belange op die hart dra nie.

Leora van Niekerk (Kanya Viljoen) maak lyke en siek pasiënte mooi. Sy staan op trou. Sy het juis vir Lana vertel dat sy moet wakker word, anders gaan haar masjiene afgesit word. Sy is verloof aan iemand wat skurkagtig voorkom.

Dan is daar ook van my gunsteling akteurs wat die mansrolle speel. Chris van Niekerk, Elsabe Daniel, Nadia Valvekens.

Ek kry nie veel oor Afgrond op die internet nie, sal dus die karakters se name kon invoeg soos ek dit opspoor.

Kyk gerus na hierdie video oor die stories agter die stories: Ek hou van Julia se woorde:

“Ons almal word na ‘n afgrond gestoot. En dan moet ons kies. Gaan ons daarmee werk of gaan ons dit wat ons lewens bedreig ontken?”

https://kyknet.dstv.com/program/afgrond/seisoen/1/die-stories-agter-die-stories-afgrond/video

Lees gerus meer oor die reeks hier: https://www.son.co.za/Sonland/Lekke-Djy/afgrond-wink-20210131

Ek beveel die reeks aan oor die spel van die karakters, die manier waarop die reeks ontvou, die karakters aan jou bekend gestel word. En natuurlik hoe ek betrek word om te verstaan, voorspel, en saam te beleef.

Ek beskou dit as ‘n kragtoertjie in Afrikaans.

En ek sal regtig wil weet of sulke dinge in werksomgewings gebeur.

***

Die reeks het gisteraand (21 April 2021) ten einde geloop en dit was, om die minste daarvan te sê, ‘n briljante manier waarop gebeure saamgevat is watveral oor die laaste drie episodes na ‘n punt gedryf is.

‘n Veer in die hoed van die akteurs en produksiespan van hierdie reeks.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

4 gedagtes oor “Resensie TV-reeks: Afgrond

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.