Kyk, in Qazaqstan is hier ‘n hele paar dinge wat anders as in Suid-Afrika. En ek ontdek na ‘n jaar en drie maande hier steeds interessante goed.
Maar, ek was totaal uit die veld geslaan toe ons ‘n klein blikkie pynappels oopmaak en binne-in piepklein pynappelringe kry. Ons het opgesnyde pynappels verwag. Het jy al sulke kleintjies gekry?
Goed, dink ek, ons bly langs Sjina. En die Sjinese maak enige iets na. Seker pynappels ook?
Proe versigtig daaraan, maar dit proe soos regte, egte pynappels. Dan kan dit nie nagemaak wees nie. Ook nie uit Sjina ingevoer nie?
Toe is ek maar asblik toe. Blikkie moet uitgegrou en afgeneem word. Waar kom hierdie piepklein pynappeltjies vandaan?
Ek moes dit seker verwag het? Duitse presisie op sy beste. Die piepklein pynappeltjies lyk en proe soos hulle groter boeties en sussies.

NB – ek het geen idee waarom my hand so blou op die foto lyk nie. Seker die lig of gebrek aan lig.
En ek spot sommer oor Duitsers. Ek het toe gaan oplees oor klein pynappels. En raai wat? Ek kry eers niks.
Een ou vertel hy het pynappels gekweek deur die bo-punt van pynappels in ‘n pot te plant. En toe kry hy lekker pynappels wat so groot soos ‘n pomelo is. Volgens hom piepklein. Maar die goedjies wat ons gekoop het, vergelyk veel eerder met grootte van ‘n suurlemoen.
Dus sal ek graag wil weet: Waar kom my klein pynappeltjies vandaan?
Ek verstaan Europese lande voer in. Van waar?
Dus het ek weer gaan soek. En sowaar, kyk hier. Piepklein pynappeltjies uit Japan. Toe nie Sjina nie ….

Hulle is sowaar kleiner as die goedjies wat ons vanaand geëet het.
Voel so bietjie soos kuikenmoord …
Pynappels en kuiken moord …
LikeLike
Hmmm, ja, ons praat so daarvan as mens iets doodmaak voor dit groot genoeg was om te eet. Die pynappels voel so.
LikeLike
Dis alte fraai….die ou baba pynappeltjies
LikeLike
Wow dis omtrent klein. Nog nooit gesien nie.
LikeLike
Ek ook nie, ons was skoon verras. Kom darem van Duitsland af.
LikeLike
In die ou dae is alle ondermaatgoed summier afgekeur. Deesdae betaal mense baie geld vir klein goedjies. Dis interessant. Baie dankie. 😁
LikeLike
Nê! Ondermaat. Ek het daarvan vergeet. Hierdie lyk vir my so gekweek of iets. En dit is heerlik, net so piepklein.
LikeLiked by 1 person
Ja ek dink dit word gekweek. 😀 Sekerlik ‘n klein variëteit.
LikeLike