Gepubliseer in Joernaal

Nuut: Saturnus het 82 mane

Vir die Geografie juffrou in my was vanoggend se CNN nuus dadelik opspraakwekkend!

Jupiter is onttroon as die planeet met die meeste mane. ‘n Hele 79 was tot onlangs die meeste mane wat om ‘n planeet wentel.

En nou is ontdek dat Saturnus die status oorgeneem het. Met ‘n hele 82 mane wat om dié planeet wentel.

Sommige van die goedjies is piepklein, skaars 3 km in deursnee. Ligpuntjies in ‘n duisternis. Mane. Enkeles groot genoeg om deur swaartekrag rondgedruk te word.

Ek is nie met die maan gepla nie, maar min goed is so lekker as om iewers op te kyk en die maan te sien. Soms in die daglig sigbaar. Ander kere nie eens saans te siene nie. Maar mens weet, die maan is daar. Veral as jy in ‘n stil vliegtuig is, almal slapend.

En die maan loer vir jou, jy wat baie hoër as normaalweg deur die lug vlieg. Na ‘n bestemming wat nie sommer per kar bereik kan word nie. Loer gerus na die skakel as jy meer oor Saturnus se mane wil lees.

https://af.m.wikipedia.org/wiki/Saturnus#Saturnus_se_natuurlike_satelliete

Foto: Titan, Satutnus se grootste maan https://www.universetoday.com/15429/saturns-moon-titan/

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

7 gedagtes oor “Nuut: Saturnus het 82 mane

  1. Baie interessant. Neil Armstrong het te min gaan rondloop. Ek onthou nog die maanlanding as kind, hoe ons oor die radio geluister het na daai eerste bekende woorde. 82 Mane….het NASA enige idees daarmee? Seker te ver.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.