Gepubliseer in Joernaal

‘n Oggend in die berglandskap naby Oskemen

Ek was die week olik, het Dinsdag met ‘n gekrap in die keel begin. Volgens my een Qazaq vriendin was dit gevolg van min wind die afgelope ruk. Die gasse het in die lug opgebou. Haar raad was dat ons uit die stad moet kom. Elke naweek. Om vars lug in te asem.

So vat ons tweetjies vanoggend die pad. Ander koers uit die stad uit. In die rigting van ‘n ski-oord minder as 50 km buite die stad.

Ons was skaars uit die stad toe is ons in die berge. Getooi in herfskleure. Asemrowend mooi. Ek het juis gister vertel dat herfs hier herfs is!

Min mense, baie natuur. Ons het so elke hier en daar gestop om foto’s te neem.

Ons was van plan om by die Altaiskye Alpy ski-oord te stop om iets te eet. En sommer foto’s te neem voor die sneeu begin val. Om te vergelyk. Met en sonder sneeu! En toe eers verstaan ons waarom die Qazaqs sê dat daar niks aangaan nie. Nie geweet hulle bedoel dit letterlik nie. Tog was dit die moeite werd om tot daar te ry. Kan nie wag om in die winter te gaan kyk nie. Sonder sneeu was dit ook baie mooi.

Op pad na die ski-oord het ons plek met groot swembad en baie motors gesien. Toe besluit ons om maar daar te stop om iets te eet te eet as ons huis toe gaan. Ook geen geluk, maar ons kon darem mooi foto’s neem. Sal maar in die winter weer gaan probeer. Dink die plekkies is seisoenaal oop, soos die Qazaqs probeer verduidelik het.

Nie dat ons omgee dat ons gaan kyk het nie. Elke seisoen in hierdie land het sy eie bekoring.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

5 gedagtes oor “‘n Oggend in die berglandskap naby Oskemen

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.