Gepubliseer in Akademies,Tegnologie

‘n Ondersoek na die tegnologiese-pedagogiese-en-inhoudkennis waartoe die Arend-toep toegang verleen

So dankbaar dat hierdie artikel deur die proses is en so pas aanlyn gepubliseer is.

Opsomming

Die Arend-toep is in Mei 2018 ontwerp en ontwikkel om toegang tot die webgebaseerde Arend, ’n aanlynleeromgewing vir onderwysers, te verbeter. Die doel van hierdie gelyktydiggeneste-gemengdemetodes-navorsing was om die gedeelde kennisbasis wat in Arend geskep word te ondersoek om die waarde van die Arend-toep te bepaal en aanbevelings vir die verbetering van praktyk te maak. Daar is bevind dat die Arend-toep toegang verleen tot ’n kennisbasis waarin al die komponente van tegnologiese-pedagogiese-en-inhoudkennis (TPEIK) geskep en gedeel word. Die e-praktyknetwerke wat rondom plasings ontstaan het terwyl die onderwysers oor probleme in ’n gedeelde praktyk gesels het, het tot die ontwikkeling van gevorderde komponente van TPEIK bygedra. ’n Klein persentasie van die onderwysers het aktief aan Arend deelgeneem, terwyl die meerderheid van die onderwysers passief saamgeleer het. Daar word aanbeveel dat ondersoek ingestel word na waarom onderwysers nie aan die gesprekke deelneem nie, omdat geen voorbeelde van ’n gebrek aan netiket geïdentifiseer kon word nie. Daar word ook aanbeveel dat onderwysers aangemoedig word om aanlynleeromgewings soos Arend en die Arend-toep te gebruik om aktief aan gesprekke deel te neem, omdat hierdie navorsing toon dat verskeie van die gevorderde komponente van TPEIK tydens aktiewe deelname geskep word.

Kernwoorde: aanlynleeromgewings; Arend; Arend-toep; deurlopende professionele ontwikkeling; elektroniese toepassings; netnografie; tegnologiese-pedagogiese-en inhoudkennis (TPEIK)

Kliek hier om die volledige artikel te lees.

Kliek hier om onderhoud op LitNet te lees.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.