Vierde keer eers geluk met Yandex taxi

Ons het altyd Aparu gebruik, maar toe sukkel ons in Astana, daar vier Yandex hoogty. En toe laai ons Yandex af …

Ek het Vrydag vertel van ons skok toe ons Yandex taxi vir die eerste keer in Almaty gebruik. Ons het taxi van die lughawe af na ons hotel bespreek en amper het ons en die taxi bestuurder die skok van ons lewe gekry. Omdat die toep ons mooi beduie het hoe om tot in Turkye te ry. Ons wil nie eens dink aan alles wat langs die pad fout sou kon gaan nie … Dit was egter nie ons laaste skok nie.

Taxi skok 2:

Saterdagoggend bestel ek die taxi, ons vriende het gesê ek moet Medeu intik en dan sal die taxi ons na die onderste stasie van die kabelkarretjies vat.

Ek moes dalk van beter geweet het toe die toep vir my keuses gee, waarvan een ‘n natuurreservaat is.

Ons wou na Shymbulak toe gaan, die ski-oord en dit sou beslis ‘n beter aanduiding van die plek gewees het. Ons het egter besluit dat ons die een kies wat Medeu sê, met geen ander goed bygeskryf nie.

Ons vriende het ons die vorige dag teen die berg opgeneem na die stasie toe, sodat ons kan sien hoe dit lyk en waar ons moet opklim. Dus het ons ‘n goeie idee gehad van hoe die pad daarheen lyk.

Maar nie van ons hotel af nie. Op ‘n stadium vra ek die man of ons na Medeu toe gaan. En hy skud sy kop, ja. Maar ek is nie tevrede nie, dit lyk verkeerd. Ons ry in ‘n woonbuurt met klein huisies en die vorige aand het ons deur ‘n gebied vol woonstelle gery. Baie mooi, indrukwekkende geboue.

Ek soek ‘n prentjie van Shymbulok op my foon en hy sê nee, dit is nie waarheen ons op pad is nie. Manlief kyk op sy foon en ons ry weg van die berg af.

Dus moet hy stop, Yandex bel en vir hulle vertel dat daar ‘n fout ingesluip het. En Yandex verander toe ons bestemming na die regte bestemming toe.

Die probleem is darem ook, soos die vorige dag, opgelos voor ons tussen hier en nêrens afgelaai is. Maar ons

Op die berg besluit ons twee die beste is om ‘n adres in te tik en nie ‘n plek se naam nie. Om seker te maak ons kom by die regte bestemming uit.

Taxi skok 3

Die middag nadat ons van die berg afgekom het, is ek en manlief lugtig vir Yandex. Maar ons vermy al die taxi-bestuurders wat wil hê dat ons saam met hulle ry. Ons weet teen die tyd dat hulle te veel vra, ons sal maar net eenvoudig reg moet kom.

Ons tik Almaty hotel in en wonder bo wonder is dit die eerste keuse. Ons gebruik Google Maps om seker te maak van die adres en ons is reg vir Yandex.

Hier gaan ons nie weer ‘n probleem kry nie. Ons het skaars die taxi bestel, of ‘n wit Hyundai stop by ons. Hy vra taxi en ons sê nee. Ons het mos nou net Yandex bestel, ons wil nie sy taxi hê nie.

Hy vra Yandex taxi en ons is skoon verstom, ons kyk nog vir die toep hoe hy vir ons kyk watter taxi die naaste aan ons gaan wees en hier staan die taxi by ons.

Ek wil nog vra of ons nie eers moet wag tot die toep vir ons die naam van die kar en sy nommer gee nie, maar daar is niemand anders wat vir ‘n taxi wag nie. Dus is ons taxi so gou by ons?

Soos ons teen die berg afry kyk ek vir die toep wat nog steeds vir ons ‘n taxi soek. En dan laat weet hy is op pad, en dit is ‘n ander nommer en ‘n ander kar.

En sekondes later staan die karretjie waar ons gestaan het. En wag die bestuurder vir ons. Ons wat lekker op pad berg af is, saam met iemand anders wat gesê het dat hy Yandex taxi is.

Ek wys vir manlief my foon en vra wat nou. Hy sê ons moet die taxi net kanselleer. Wat ek toe doen en ook sommer dadelik ‘n boodskap van Yandex kry wat sê dat hulle my 400 tenges vra vir daardie kar wat ek gekanselleer het.

En toe is dit konsternasie!

Die taxi bestuurder trek net daar langs die pad af en vra wat het nou gebeur. Hy kan Engels praat, maar verstaan nie goed nie. Dus moet ek Yandex Translate uithaal om vir hom te verduidelik dat ek die ander taxi moes kanselleer want ons ry nou saam met hom. En ons taxi wag daar bo vir ons.

Eers later besef dat hy mos nie so ‘n boodskap sou kry nie. Dit is nie st taxi wat ek gekanselleer het nie.

So tussen ons, hy met sy geradbraakte Engels en ons met Yandex, kom ons agter dat ons weer by die verkeerde plek afgelaai sou word.

Want, hy het met ‘n Engelse ou gepraat wat vir hom gevra het om by die parkeerplek opgelaai te word. En daar het ons gestaan. By die parkeerplek. Hy het dus aangeneem dat dit ons is en daar gaan ons, op pad na die ander Engelsman se bestemmimg toe!

Gelukkig het ons die ander bestelling gekanselleer, want toe het die ander Engelsman met ‘n probleem gesit.

Hy kom by sy taxi, of is dalk reeds in hom, en daar word die taxi gekanselleer! Hulle moes die probleem uitsorteer en die taxi waarin ons sit eers kanselleer, sodat hulle ‘n nuwe bestelling kon skep. En so is die taxi waarin ons ry gestop, omdat die bestelling toe gekanselleer is.

Of dalk was die ou baie kwaai! Omdat sy taxi op sy toep op pad berg ad is, sonder hom. En toe kanselleer hy dit?

Anders was daar twee stelle ongelukkige passassiers. Albei by die verkeerde bestemming afgelaai.

Taxi 4: Geluk! Ons word by die regte plek afgelaai!

Toe ons die middag wil teruggaan hotel toe, is ek en manlief gerat vir Yandex taxi.

Ons soek die hotel se straatadres en kry dit nie. Toe tik ons die hotel se naam in en daar is dit.

Maar onthou, die vorige dag het die taxi bestuurder ons amper in Turkye gaan aflaai. Dus maak ons eers op Google Maps seker dat die hotel sit waar die toep wys. En dit is net 3,6 km van waar ons was. Nie weer 65 ure se ry nie.

En wonder bo wonder word ons by ons regte bestemming afgelaai! Kan nie vertel hoe bly ons daaroor was nie.

Taxi 5: Skok: Geen Yandex beskikbaar nie

Die volgende dag het ons saam met vriende spandeer en hulle het ons sommer lughawe toe gevat. Dus het ons net die aand ‘n taxi nodig gehad om ons huis toe te bring. En daar kry ons weer ‘n Yandex skok!

Maar, laat ek nou eers vertel waarom.

Twee weke gelede, toe ons van Astana af gekom het, het ons ons lelik vererg. Toe ons uitstap, staan hierdie gespierde man by die deur.

Lyk soos een van die aksiehelde van Damme dink ek. Nie te onaardig nie.

Vra of ons taxi wil hê en vra ons 3000 tenges vir die rit. Dit was laataand en hy is ‘n skelm, vra ons dubbeld die bedrag. Maar ons was moeg en het nie lus gehad om ‘n taxi per toep te bestel nie, want dan sou ons moes wag.

Op pad na die kar hardloop ‘n kaalkop jong man my tas uit my hande uit, stamp my uit die pad uit om voor my in te druk en te hardloop. Na die parkeerplekke toe.

Ons was skaars in die taxi, toe kom die ongeskik na ons taxi, praat met die man, klim agter by my in en daar gaan ons.

Ek was regtig baie omgekrap, want toe word daar verby ons plek gery om hom eers af te laai. En daar staan hulle klomp mans in ‘n stegie en praat en ons twee sit in die kar. Naby middernag. Die meneer ongeskik het so wragtig gereël dat hy eerste afgelaai word! En taxi man lat ons en hom betaal!

Toe ons uit die lughawe gebou stap, staan die skurk taxi bestuurder voor die deur. Vra vir my taxi? en ek gee hom net ‘n vuil kyk en sê No thanks, al weet ek die Van Damme ewebeeld verstaan my glad nie. Once bitten, twice shy. Ons betaal nie weer vir die rit en dan moet ons kyk hoe daar verby ons gery word om ‘n ongeskik by sy plek af te laai nie.

Dus gaan staan ons een kant, haal ons fone uit en vra vir Yandex om vir ons ‘n taxi te kry.

En wat se Yandex? Geen taxi’s beskikbaar nie!

Gelukkig was daar nog taxi’s wat vir passassiers gewag het. En het ons ‘n oulike een gekry wat ons minder gevra het as wat Yandex sou gevra het, as daar een beskikbaar was.

Anders sou ons die bullebak moet gaan vra om ons huis toe te vat. Kan net indink hoe lekker hy sou kry terwyl hy die prys laai!

Foto: Shymbulak stasie, 31 Augustus 2019

3 comments

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.