Gepubliseer in Joernaal

Ons verken Almaty

Ons was al drie keer in Almaty, eintlik meer as drie keer as mens die terugkere in ag neem.

Die eerste keer het ons met gemengde gevoelens geland. Ons het kom kyk of ons kans sien om vir drie jaar in Qazaqstan te kom werk.

Ek het geweet dit gaan koud wees, ek het die weervoorspelling angstig dopgehou. My brein wou nie verstaan hoe loop mens buite rond as die kwik na 40 grade Celsius daal nie. Die weervoorspellers het voorspel dat ek einde Januarie 2019 sou voel hoe minus 13 voel.

Dit was minus 10 in Almaty toe ons net na middernag geland het. En oral was die sneeu dik neergelê. Ons hande en gesigte het gevries toe ons die lughawegebou verlaat.

Ek het in die hotel gebly terwyl manlief hoofkantoor ontmoet het. Die HR bestuurder het my gevat om een van die mooi parke te sien. En my kouse het in my skoene gevries. Wit ysdruppeltjies op my tone. Die warm skoene wat in SA gekoop is, was onvoldoende. Kastig reg vir sneeu …

Toe ons by ‘n groot winkelsentrum gaan koffie drink, het ek ‘n paar stelle warm kouse aangeskaf. Dit moes net help.

Moet sê, ek was beïndruk met die sentrum. Behalwe dat ek moes sukkel om verstaan te word, was dit soortgelyk aan SA se deftigste sentrums.

Ek wou nie veel van Almaty sien nie, ek wou Ust’-Kamenogorsk sien, 1000 km noord en baie, baie kouer.

Die kwik het daar reeds na minus 20 gedaal. So much vir weervoorspellers! Moet sê, hier het ek geleer dat die Qazaqs se weervoorspelling op ‘n haarnaald perfek is. As hulle sê dit gaan sneeu, val die vlokkies daardie tyd op my toep. Lief dit, die andersheid.

En toe is ons Ust toe. Ons vlug is ‘n paar ure vertraag omdat dit in Ust gesneeu het. Die aanloopbaan moes eers drooggemaak word.

Op pad hierheen het ons oor ‘n wit landskap gevlieg. Alles, maar alles was wit. Behalwe die treispoor ver onder ons. Hier het ek geleer dat mens in die koue kan oorleef. Die Here het ons minus 38 laat voel. Einde Januarie 2019.

En dit was sprokiesmooi in Ust. Ek het verlief geraak op hierdie stadjie wat nie een een mall het nie. Ons eerste een is in aanbou, weet nie wanneer dit gaan klaar wees nie. Want, as dit begin sneeu, kan die werk nie aangaan nie.

Terug in Almaty was ons opgewonde oor die avontuur wat ons gaan kom beleef. En ook skrikkerig om sulke groot besluite te neem.

En my nuwe vriendin, ook van SA, het saam met ons op een van die kabelkarretjies gaan ry. Dit het gesneeu toe ons bo was, en was ysig. Dié naweek wil ons die een in die somer sien.

Die tweede keer in Almaty het ons geweet wat wag. Ons het met vier groot tasse en vier stukke handbagasie elk geland, was weer dag of twee in Almaty om papierwerk by hoofkantoor af fe handel. En toe is ons Ust toe.

Die derde keer het ons afgevlieg om kar te koop, in ‘n hotel oornag en teruggery. 1000 km op ‘n baie slegte pad, so sleg dat manlief dankbaar was as ons grondpad kry. Waarvan daar baie was. Hulle bou die hoofweg oor

Nie dat ek verstaan waarom nie. Een van die dae val die sneeu weer. En gaan die bevrore aarde die pad opeet. Maar nou ja, dit is nodig. As mens tussen die twee stede wil ry.

Vandag is ons vierde besoek aan Almaty. Ons gaan verken. Om dit in Januarie vir seun en skoondogter te wys. As dit onder ‘n wit kombers versteek is.

Ek hou van Almaty, ‘n ou stad met ou en nuwe geboue. Hoë lanings bome. Met ‘n hoë berg wat daaroor wag hou. Een wat nog sneeu op die pieke gehad het. Toe ons in Junie daar was.

En daar wil ons na ‘n tweede ski-oord gaan kyk. Een wat vereis dat mens met drie kabelkarretjies ry. Om bo te kom.

Ek sal foto’s op my Instagram sit. Handvatsel cvanstaden

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

6 gedagtes oor “Ons verken Almaty

      1. Dis maar soos hier ook. Hul het my al gavra of ek nie layers aan het nie! Ek hou niks daarvan om so ingepak te wees nie. Ek kom darem so stadig aan by om lagies aan tetrek en dan stelsematig uit en aan te trek as dit nodig is.

        Like

        1. Ai, Scapy, ek sukkel ook daarmee, die lagies aantrekkery. Dus het ek sover net gesorg dat ek ‘n baie, baie warm jas of baadjie aanhet. Dit is in sentrums en huise so warm in die winter dat mens voel of jy vergaan as jy ‘n vest en ‘n bloes aanhet. Mens rol moue op, maar dit help nie veel as die lyf te warm kry nie.

          Like

          1. Klink presies soos met my hier. Hier is hul ook in hul enkel laag as hul binne is. Dan sweet ek van die hitte. Elke geval wat kan mens maak. Eks al sover dat ek nie meer so baie koud kry meer nie.

            Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.