Die afgelope twee weke wou ek my polse sny oor hoe stadig my rekenaar laai. In die tyd, wat dit geneem het om een bladsy te laai, kon ek twee ander dinge doen. Soms selfs gaan koffie maak en terugkom voordat die webbladsy klaar gelaai het.
Etiket: Tegnologie
Virtuele realiteit: PGA gholf toere op nuwe maniere na die kykers gebring
Groot opgewondenheid heers oor die besluit van PGA TOUR om die Players Tour via virtuele realiteit uit te saai. Ek dink amper dat daar mense op die gholfbaan wees wat met kopstukke op gaan staan omdat PGA beplan om dit ‘n stappie verder te neem deur kykers in staat te stel om met die stroom, waarna hulle kyk, in interaksie te tree.
Lees voort “Virtuele realiteit: PGA gholf toere op nuwe maniere na die kykers gebring”
11 iPad toeps om videos te maak
Daar is ‘n hele aantal iPad toeps beskikbaar wat onderwysers kan gebruik om opvoedkundige videos te maak. Ek het vandag op hierdie versameling afgekom en gedink dit is goed om dit in Afrikaans met onderwysers te deel. Ek het sommer ook my eie gunstelinge gedeel.
Android toeps vir leerders wat probleme met lees en skryf ervaar
Die Universiteit van Edinburgh, Skotland, het in 2015 ‘n visuele dokument (android-apps-for-learners-with-dyslexia) geskep waarin verskeie toeps, wat gebruik kan word om kinders wat lees- en skryfprobleme ervaar te help, voorgestel word.
Lees voort “Android toeps vir leerders wat probleme met lees en skryf ervaar”
Reis in die gees: Sê vir Speak to Go waarheen jy wil gaan
Google se nuwe tegnologie, Speak to Go, maak dit tans moontlik om in die gees na plekke te gaan waarheen die vlees nie kan gaan nie.
Lees voort “Reis in die gees: Sê vir Speak to Go waarheen jy wil gaan”
Globale tegnologie erken Afrikaans
Afrikaans laat haar nie onderdruk nie, dit is juis dan wat sy mense verplig om van haar kennis te neem. In hierdie artikel verwys ek na drie groot internasionale tegnologie-huise wat hul tegnologie in Afrikaans beskikbaar stel, naamlik Google, WordPress en Firefox. Daarmee word professor AP Grove se voorspelling in 1981 dat ‘n taal, wat nie vir akademiese literatuur oplewer nie, gaan uitsterf, besweer.
Lees voort “Globale tegnologie erken Afrikaans”