Vyfde jaar as blogger & Hansie en Grietjie

Verlede week kry ek hierdie wapen en boodskap van WordPress. Gelukkige 5de jaar by ons. Hou aan blog.

En ek wonder, kan dit al vyf jaar wees? Maar dit is. Ek het aan die begin gemeen dat ek ‘n blog vir elke onderwerp moet begin. Dus het ek, toe ek in September 2015 ‘n kort kontrak by Unisa gekry het om te help om navorsing oor tegnologie te doen, die ODEL een begin – Open Distance e-Learning. Oor tegnologie wat tydens afstandonderrig gebruik kan word. Die kontrak het tot Februrie 2017 geduur. Ek het navorsing oor verskeie onderwerpe gedoen, byvoorbeeld eportefeulje platforms, en verslae daaroor geskryf en ingedien. In die blog het ek kort artikels oor ander tegnologie geskryf. Na afloop van die kontrak het ek al minder geskryf en later opgehou.

Tot die lus my gepak het om my CV aanlyn te bou. Dan moet ek mos nie elke kaar na die een op my rekenaar te soek nie. En ek kan dit net so aanstuur. As die persoon wat daarmee werk tegnologies gevorderd is. Baie is nie.

Ek wou nie Afrikaans en Engels meng nie, dus het ek twee onder my eie naam en van begin. ‘n Engelse een en ‘n Afrikaanse een. Die Engelse een is selfbestuur, het gereeld laat weet dat hy nie aanlyn is nie en so het die Engelse en Afrikaanse CV op hierdie blog beland.

Ek het later begin om tegnologie artikels ook te plaas en dit met die onderwysers in my Facebook groep vir onderwysers gedeel en baie hou van’s gekry. Maar mense het selde saamgesels, wat my laat wonder het of ek wil aanhou daarmee. My navorsing het my baie besig gehou en ek het al minder artikels vir die blog geskryf.

Ek het veel eerder op Facebook geskryf, waar my vriende saamgesels het. Intussen het ons na Kazakhstan gekom. Maart 2019. Ek het oor grappige gebeure op Facebook gesels. En vriende het my aangemoedig om ‘n reisjoernaal te begin. Ek het hierdie blog gehad. En toe begin ek skryf.

Dit was heerlik, ek kon my gedagtes oor die lewe hier in Qazaqstan neerpen, veral omdat manlief nie eintlik ‘n geselser is nie. En skielik het Afrikaanse en Engelse mense begin saamgesels. Selfs ingeskryf om my artikels per e-pos te kry.

Ek het vriendinne en vriende in die kuberruim gemaak. En hulle het die lewe in die vreemde en tydens die inperkings makliker gemaak. Daar was elke dag iets om oor te gesels.

Ek het die afgelope maand Grietjie in Kazakhstan gespeel. Doelbewus krummels in my artikels gelaat, ook in gesprekke … om te toets of ek met voorbedagte rade gevolg word. ‘n Amper regte maand, net genoeg verkeerd om te weet – in kommentaar op een van my artikels, ietsie oor verkeerde besluite en twee ietsies oor plekke waar ek/ons “alleen” was. Kom ek sê maar net ek het die Kaz weergawe hierdie kinderstorie baie geniet – die resultate het my laat skater. Ek was toe nooit verkeerd nie …

Ek geniet dit om speurder te speel, kry gewoonlik wat ek wil weet. Dit is onmoontlik om ‘n blogger te volg sonder dat sy weet. Die stats wat ek deur my blog insamel, vertel alles. Interessant hoe die views in hierdie land opgejaag is deur my krummels.

Ek hou ook van aksieverhale, die A-team was een van my gunstelinge. Wat het daardie ou van die A-team nou weer gesê? Iets soos:

I like to see when a plan comes together …

Ewenwel, speeltyd is verby, ek het verveeld geraak.

Dit is eers wanneer mense begin saam gesels wat die blogwêreld ‘n bekoring van sy eie kry.

Hierdie blog het mos as reisjoernaal sy groot afskop gekry. Ek twyfel of ek na hierdie twee vlugte huis toe weer gaan reis. Ek het in my Sarie-onderhoud geskryf dat twyfel of ek ‘n reisiger is. In Suid-Afrika is ek wel ene, plat op die grond. Ek is mal daaroor om plekke in die land te gaan besoek.

Die skryfgogga het gebyt, ek sal waarskynlik nog baie oor ons reise in my eie vaderland vertel. Die ene waarheen die Here my voorgeslagte gestuur het.

Eintlik wou ek jou sommer net bedank omdat jy my werk lees.

Dankie dat jy lees, op die hou-van klik en kommentaar lewer. Die geselsies wat op my artikels volg, is vir my die lekkerste van die hele skryfproses. Aan almal wat my artikels lees omdat hulle dit geniet, wil ek vra: Gesels gerus saam, ek sien uit na die kommentaar. Dit maak die blogwêreld soveel anders as die ander sosiale media.

18 gedagtes oor “Vyfde jaar as blogger & Hansie en Grietjie

  1. Ek stem saam met jou gevoel dat dit lekkerder is om te blog. My facebook is so besaai met advertensies en sharings, dat dit vir my voel die menslike kontak wat ek daar soek is totaal weg. Ek sien ook nes jy uit daarna om my lesers se kommentaar te lees. En was ek absoluut in my skik toe ek sien die artikel oor my ouma is al 50 keer gelees!!! En die deelname aan uitdagings, dis nou eers lekker.

    Liked by 2 people

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.