Virtuele realiteit: PGA gholf toere op nuwe maniere na die kykers gebring

Groot opgewondenheid heers oor die besluit van PGA TOUR om die Players Tour via virtuele realiteit uit te saai. Ek dink amper dat daar mense op die gholfbaan wees wat met kopstukke op gaan staan omdat PGA beplan om  dit ‘n stappie verder te neem deur kykers in staat te stel om met die stroom, waarna hulle kyk, in interaksie te tree.

Volgens Fox News moet kykers moet yvoorbeeld kan kies watter statistiek hulle wil sien en self kan besluit wanneer hulle na die voorloperbord wil kyk. Volgens David Aufhauser, besturende direkteur van Intel Sports Group, kan virtuele realiteit iets aan kykers bied wat hulle nie kon ervaar nie, selfs al was hulle daar.

Daarmee kan ek my vereenselwig. Ek het so paar maande gelde saam met my man en seun op Sun City se een baan gestap en dit is onmoontlik om alles waar te neem. Jy kan byvoorbeeld een groep gholfers volg, omkyk en ‘n baie goeie hou heeltemal misloop! Volgens Sloane Kelly, uitvoerende direkteur van PGA TOUR, is die plan om die kykers so na as moontlik aan die spel te bring.

Aanvanklik is die ervaring hoofsaaklik tot die setperke beperk weens die grootte en onbeweegbaarheid van die kamera, wat 180 grade video-opnames kan maak.

Die kameras gaan ver van die aksie wees, maar verskillende lense gaan gebruik word om nader aan die aksie te kom en sodoende diepte te skep. Kykers kan na verskillende kameras oorskakel. Alhoewel die toetse positief was, was daar nie sekerheid of dié ervaring hierdie maand gedurende die Players Champioenships lewendig uitgesaai sou word nie.

Gisteraand is egter aangekondig dat dit wel gaan gebeur. Kykers kan die toernooi, wat die 11de begin, in virtuele realiteit bywoon. Patrick Rodgers, ‘n PGA ster, wys in hierdie video hoe ‘n set in 360 grade omgewings gelees kan word. In hierdie video, kan die 16de gat by TPC Scotsdale in 360 grade bekyk word. Dit lyk beslis na ‘n wonderlike ervaring en ek gaan seker maak dat ek ten minste een keer ‘n paar minute van hierdie eerste beleef!

Kykers kan die 17de gat vanaf die 11de tot die 14de Mei in virtuele realiteit bywoon. Drie kameras gaan op die 17de gat gemonteer word, naamlik een waar afgeslaan word, een op die pad na die setperk en een op die water langs die setperk, wat ‘n eiland is.

Die besonderhede vir die lewendige virtuele realiteituitsending is as volg: @PGATOUR en PGATourLive.twitter.com

Screen Shot 2017-05-07 at 6.31.02 nm..png

Beskikbaar by Amazon vanaf $99 tot $16.99 vir gebruiktes.

Om die 360 videos in virtuele realiteit te beleef, moet kykers ‘n Samsung Gear VR kopstuk besit en die PGATOUR VR Live App vanaf die Oculus winkel aflaai. Die kopstukke kos effens meer as R1000 en moet dan met ‘n Samsung foon gepaar word.

Vir diegene wat die ervaring wil beleef, maar nie oor ‘n virtuele kopstuk beskik nie, is daar ook goeie nuus. Die stroom kan via PGA TOUR se Twitter en Periscope rekeninge gevolg word. Die dekking sal beskikbaar wees onder @PGATOUR.

Dit wil voorkom asof Google Cardboard nie gebruik kan word nie, wat nogal ‘n jammerte is omdat soveel ander mense by die uitsendings sou kon baat.

Die strome kan via Twitter en Periscope gevolg word. Gebruikers kan, net soos in die geval van Twitter, dit, wat hulle sien, self lewendig uitsaai.

Periscope laat mense toe om strome regoor die wêreld te volg. Om die toer te volg, moet jy langs die soek-ikoon @PGATour intik. Dit sal egter eers vanaf die 11de tot die 16de Mei enige soekresultate oplewer. Die toepassing vir fone kan vanaf iTunes (iOS) en Google Play afgelaai word.

@PGATour is egter reeds via Twitter beskikbaar, daaroam kan gebruikers vanaf die 11de tot die 16de hier inskakel. PGA Tour Live is reeds opgestel, maak gerus seker dat jy vanaf die 11de die lewndige uitsendings volg.

Ek neem aan dat die videos op die PGA Tour se amptelike YouTube kanaal beskikbaar gestel sal word. Sal kan laat weet sodra daar meer duidelikheid is. Intussen is ek baie opgewonde oor hierdie verwikkeling. Ek is tog nuuskierig oor iets anders – so kan daar dalk ook seker gemaak word dat mense wel by die gholf is ….

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s