Die afgelope twee weke wou ek my polse sny oor hoe stadig my rekenaar laai. In die tyd, wat dit geneem het om een bladsy te laai, kon ek twee ander dinge doen. Soms selfs gaan koffie maak en terugkom voordat die webbladsy klaar gelaai het.
Natuurlik pop opdringerige programme gereeld op om my te vertel hoe dit my iMac se spoed kan verbeter. ‘n Vinnige Google soektog het gewys dat ek glad nie dom is om die oppoppers nie te vertrou nie. Dit is nie alleenlik programme wat daarop uit is om wanorde te saai nie, dit is ook baie, baie moeilik om van hulle ontslae te raak. Die antwoord op die probleem is egter volgens osXDaily in elke iMac versteek.
Moderne weergawes van Safari webblaaier bied ‘n versteekte eienskap wat gebruikers toelaat om web caches skoon te maak sonder om al die blaaigeskiedenis, koekies en soektogte en ander webbladsy data ook te verwyder. Ontwikkelaars gebruik die eienskap om Safari te dwing om nuwe data te trek, maar dit is ook bruikbaar om stadige Macs weer in Ferarri’s te verander.
Eerstens moet jy die ontwikkelaar in die Safari kieslys aktiveer.
- Kliek op die Safari-blaaier
- Kliek links bo op Safari.
- Kliek op Voorkeure (Preferences)
- Kliek op Gevorderd (Advanced) in die venster wat oopmaak
- Kliek dan heel onder in die venster, wat oopmaak, om die blokkie langs “Show develop menu in menu bar” te merk.
- Kliek weer op Safari
- Kliek bo in die kieslys op “Develop” om die sub-kieslys oop te maak
- Kliek in die sub-kieslys op “empty caches”
- Wag ‘n paar minute dat die cache skoongemaak word
- Op die oog af gebeur niks nie, die cache word egter wel leeggemaak
- Gaan terug na Safari en geniet jou rekenaar wat skielik weer werk soos die dag toe jy dit gekoop het!
Sodra “Develop” geaktiveer is, kan die volgende gebruik word om die cache skoon te maak
Command+Option+E
Dit bied ‘n vinniger manier vir mense wat die cache gereeld wil skoonmaak. Safari berg webbblaaier caches in die volgende lêer op Mac iOS X:
-/library/caches/com.apple.Safari/
Die caches word as databasis lêers geberg, maar dit is nie ‘n goeie idee om self daardeur te werk nie. OsXDaily beveel eerder aan dat die ingeboude toep gebruik word. Ouer weergawes van safari berg die data in die volgende lêer:
-/Library/Caches/Safari
Die meeste gebruikers hoef dit nooit te doen nie, maar, as probleme met ‘n webblaaier se gedrag ondervind word, is dit ‘n maklike manier om die probleem op te los. My iMac is nou weer vol spoed dus deel ek die raad graag met almal wat sukkel met die laaispoed van hulle Mac rekenaars.