Gepubliseer in Tegnologie

11 iPad toeps om videos te maak

Daar is ‘n hele aantal iPad toeps beskikbaar wat onderwysers kan gebruik om opvoedkundige videos te maak. Ek het vandag op hierdie versameling afgekom en gedink dit is goed om dit in Afrikaans met onderwysers te deel. Ek het sommer ook my eie gunstelinge gedeel.

Ek deel dit in alfabetiese volgorde sodat dit later maklik opgespoor kan word.

Screen Shot 2017-05-03 at 2.54.34 nm..pngAnimoto is ‘n gratis toep wat gebruikers toelaat om foto’s en videos op hulle kamerarolle te gebruik om videos te maak. Kies ‘n styl (meer as 50), voeg ‘n liedjie by en die video is klaar. Jy kan teks, klank (meer as 1000 liedjies) en foto’s gebruik om ‘n video te maak. Jy kan ook die iPad kamera gebruik om foto’s te neem. Jy kan onderskrifte maak, video clips sny en titels skep. Deel dit via boodskappe, twitter, epos en Facebook met ander.

Screen Shot 2017-05-03 at 2.54.26 nm..pngiMovie is Apple se eie, gratis toep waarmee jy deur jou videos kan gaan, gunstelingoomblikke kan deel en videos kan skep. Al hierdie videos kan op al die ander iOS toestelle gekyk word – in iMove Theater. Die uitbreiding maak dit moontlik om vinnig videos te maak reg in die Photo’s toeps op jou iOS toestel. Verbeteringe sluit in dat verskeie foto’s en videos gelyk gekies kan word, dat na facebook en Vimeo gedeel kan word en stabiliteit het ook verbeter.

Screen Shot 2017-05-03 at 2.54.51 nm..png 30hands Pro is gratis, maar die pro-uitgawe kos $4,99, dus so bietjie minder as R60. Dit kan gebruik word om stories te vertel, ‘n konsep wat dit moontlik maak om meer tegnologie in die klaskamer in te bring. Multimedia voorstellings kan vinnig gemaak word en binne minute as video gedeel word. Leerders kan ‘n een les ‘n video-aktiwiteit voltooi, maar dit kan ook binne ‘n groter projek gekarteer word. Gratis prente is vanaf Pixabay beskikbaar om beter voorleggings te skep.

Screen Shot 2017-05-03 at 2.55.54 nm..pngMagisto Video editor & Movie maker is ‘n gratis toep wat deur meer as 80 miljoen mense gebruik. Hierdie toep word deur verskeie mense as die beste beskou. Magisto kan as ‘n kamera gebruik word om foto’s te neem, maar foto’s kan ook van die kamerarol af gebruik word. Videos word maklik via Facebook, Instagram, YouTube, WhatsApp en epos gedeel. Videos kan in kanale gedeel word en eienskappe sluit gesigherkenning, stabiliteit, filters, video-effekte en gemaklike oorgang tussen foto’s in.

Screen Shot 2017-05-03 at 2.54.59 nm..pngSplice is ‘n gratis toep wat dit moontlik maak om videos te knip, oorgang te hanteer, stagige aksie in te bou en werk gemaklik met foto’s vanaf GoPro en sellulêre fone. Videos kan outomaties met die ritme van musiek gesinkroniseer word, filters en agtergrondkleure kan bygevoeg word en ‘n groot verskeidenheid gratis musiek is beskikbaar. Videos word gemaklik via boodskappe, epos, Vimeo, facebook en meer gedeel. Met sy ingeboude klankopnemer is Splice ‘n toep om te toets.

Screen Shot 2017-05-03 at 2.55.07 nm..pngPerfect Video is ‘n gratis toep wat hom daarop roem dat dit baie maklik is om te gebruik. Verskeie videos en foto’s kan gelyk gebruik word, videos kan gesny word, videos kan gedeel word sodat stukke so weggesny kan word, videos kan in verkeerde volgorde teruggespeel word en die oriëntasie kan verander word. Ander eienskappe sluit in dat mosaïekvideos gemaak kan word. Verander kleur, voeg klankgerepe by, dupliseer videos en vele, vele meer. Gaan loer gerus.

Screen Shot 2017-05-03 at 3.41.53 nm..pngTouchcast Studio is ‘n wonderlike gratis toep, waarmee interessante videos gemaak kan word. Dit werk met die groenskerm, wat beteken dat agtergronde verandr kan word en vele, vele insetsels gemaak kan word. Soorteglyk aan ons nuusprogramme, waarin ander detail bygevoeg word. Kykers kan met die videos in interaksie tree, deur byvoorbeeld te stem. Voeg verskeie eienskappe by, soos webbladsye, Twitter streams en vele meer. Toets gerus, jy gaan soveel met hierdie toep kan vermag.

Screen Shot 2017-05-03 at 2.54.44 nm..pngYouTube Capture is ‘n produk van Google, wat gebruik kan word om videos te verbeter, musiek by te voeg en . Videos kan gemaklik en terselfdertyd via YouTube, Facebook en Twitter gedeel word. Dit is maklik om hierdie toep te gebruik, verskeie videos kan terselfdertyd gebruik word. dit kan egter lank duur om verskeie videos gelyk op te laai, dus sal ek dit nie aanbeveel nie.

Screen Shot 2017-05-03 at 2.55.16 nm..pngVideolicious is ‘n gratis toep wat al meer as 4 miljoen keer afgelaai is. Jy kan praat en “tap”, videos en foto’s met klank kombineer, vinnige voorskoue kry en HD videos gemaklik via Facebook, Titter en YouTube deel. Voeg filters by, stoor ‘n afskrif op jou eie toestel en epos videos vir ander. Die kyk en “tap” funksie maak dit maklik om b-roll by onderhoude te voeg. ‘n Vernuwing sluit die gemak in waarmee videos per epos gedeel kan word.

Screen Shot 2017-05-03 at 2.55.27 nm..pngVidlab is ‘n gratis toep wat gebruik kan word om meer as een klankgreep by te voeg. Jy kan jou eie “fonts” byvoeg. Eienskappe sluit teks, animasie, collages, en die vermoë om kunswerke bo-oor videos in te voeg. Jy kan verskeie lae vorm, jou eie klank opneem en prente en logo’s byvoeg. Die videos word gemaklik via verskeie sosiale media gedeel en sluit deling na Instagram en Vine in. Deurskynende PNG’s maak dit moontlik om baie kreatief met hierdie videomaker om te gaan.

Screen Shot 2017-05-03 at 2.54.15 nm..pngWeVideo is ‘n gratis toep wat dit ook moontlik maak om via verskeie sosiale media te deel. Die media sluit Instagram in. Foto’s kan met behulp van die toep geneem word en daar is meer as 30 style beskikbaar. Voeg titels, musiek en byskrifte by. Publiseer in HD en neem eie klank op om die videos se klankbane te vervang. Stel begintyd vir agtrgrondmusiek en vul die agtergrond. Die toep bied ook ‘n aantal klankbane aan om die gebruik van die toep te vergemaklik.

Ek glo dat daar reeds verskeie onderwysers is wat van hierdie toeps gebruik maak en wat ook ander toeps kan voorstel. Praat gerus saam, deel julle videos met ons in die groep RSA Onderwysers (Facebook) of lewer kommentaar hieronder met skakels na die videos toe. Ek leer graag so saam met almal hoe elkeen van hierdie toeps in ander klaskamers gebruik word.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.