Gepubliseer in Woefkinders

My drie skaduwees … ek bedoel twee …

Ek het my hart styf toegesluit om my drie Miniatuur Schnauzers, BB, Shilo en Sobek nie vreeslik te mis toe ons in Kazakhstan gebly het nie. Hulle sou aanvanklik saam met ons oorgegaan het. Want my kinders kon nie na hulle kyk nie. En ek sou hulle nie laat uitsit omdat ek oorsee gaan bly nie.

Lees voort “My drie skaduwees … ek bedoel twee …”
Gepubliseer in Reisjoernaal

Eerste Sondag in kerk na 18 maande in Kazakhstan

Ons het mos die 4de Oktober geland. En toe moet ons twee weke van ons kinders en kleinkinders en naastes weg bly. Net vir ingeval ons ‘n gogga op die vliegtuig kon blyplek in ons lywe gee. Nie dat die staat dit van ons verwag nie, maar ons het dit tog gedoen. Ons bly mos nou permanent en wat is twee weke tussen familie?

Lees voort “Eerste Sondag in kerk na 18 maande in Kazakhstan”