Vanoggend is ek en manlief die strate in. Ons wil die huis steeds verkoop en die agent het te vertelle dat een moontlike koper van mening is dat die huis nie modern genoeg is nie. Ons gaan die vier badkamers so bietjie moderniseer. Nuwe storte en nuwe goedjies vir die handdoeke, toiletrolle en so meer.
Lees voort “Prettige oomblik in parkeerterrein in Little Falls”Etiket: Suid-Afrika
Eerste sneeu in Ust’-Kamenogorsk het geval
Ek gesels gister op WhatsApp met een van my vriendinne in Ust’-Kamenogorsk ala Öskemen. En word tot in my tande geskok.
Lees voort “Eerste sneeu in Ust’-Kamenogorsk het geval”As jy die swakplekke van die huisies langs joune ken
Ek lees nou die oggend Una se stuk oor die twee afgebrande huise langs hulle. En dat een van die huise met laslappiewerk reggemaak word. Eerder as om af te breek en oor te bou.
Lees voort “As jy die swakplekke van die huisies langs joune ken”Om ‘n bestuurslisensie in Suid-Afrika te hernu is tans ‘n maklike proses
Goed, laat ek eers so begin vertel. Ons het verlede jaar in Junie kar gekoop. En in Qazaqstan het elke kar sy eie identiteitskaart. Amper iets soos ‘n bestuurslisensie. Met al die bestuurders se inligting daarop. Asook versekering, wat vereis dat al die bestuurders se inligting aangebring word. Slegs die persone mag die kar bestuur.
Lees voort “Om ‘n bestuurslisensie in Suid-Afrika te hernu is tans ‘n maklike proses”Om ‘n Voortrekkerjuffrou te wees ..
Ek was ‘n Voortrekker as kind en toe ek matriek was, het ek vir Voortrekkerjuffrou gespeel. Ek kan nie eens meer onthou hoe dit was nie, maar ek kan onthou dat ek in my hele hoërskoollewe net een dag nie by die skool was nie en steeds 100% skoolbesoek gekry het. Omdat ek deel van die nasionale fakkelloop was.
Lees voort “Om ‘n Voortrekkerjuffrou te wees ..”Ouers, nou is die tyd om halt te roep
Die Covid-19 pandemie het ‘n slegte impak op skole. Nie alleen is skole gesluit nie, maar baie onderwysers sit sonder werk omdat hulle kontrakte het.