Ons het mos die naweek uit ons stadshuis getrek – sy is basies verkoop. Ek het gister daarvan vertel. Ons het Saterdagaand by dollatjie gaan slaap. En Sondagoggend die pad veel vroeër as gewoonlik gevat omdat hulle ander verpligtinge gehad het.
Lees voort “Ysige nag langs die Vaal …”Etiket: Suid-Afrika
Ons is te besig om huis te groet …
Ek was van Donderdag af stil. Doodstil. Want ek het ‘n wilde naweek agter die blad. En ek voel vandag eers half mens. Steeds doodmoeg. Miskien omdat ek die hele dag gesukkel het om ‘n artikel vir ‘n bloguitdaging te skryf. Nou goed, nie die hele dag nie, maar tot naby 11 uur nadat ek net na vyf al begin het. Omdat die blok-redigeerder van WordPress ‘n nagmerrie is. In my boek voel dit soos ‘n hele dag.
Lees voort “Ons is te besig om huis te groet …”Blinde eweknie-beoordeling – ‘n interessante proses
Maandag kry ek weer ‘n boodskap van ‘n wildvreemde professor van ‘n iniversiteit waarvan ek nog net gelees het in my inboks – sal ek vir ‘n internasionale vaktydskrif ‘n eweknie beoordeling doen? Ek kyk na die ou e-posadres wat gebruik is en wonder hoe hulle op my afgekom het. Maar die titel trek my soos ‘n magneet – eportefeuljes.
Lees voort “Blinde eweknie-beoordeling – ‘n interessante proses”Vadersdag by Mattanu privaat wild reservaat, distrik Barkly Wes, Noord-Kaap
Ek het nie veel erg aan vaders- en moedersdag nie, maar die kinders het mos met moedersdag gevra dat hulle pa my in Kuruman bederf. Aangesien hulle myle weg is. Maar, dit is basies onmoontlik. Want Kuruman Sondae so toe soos ‘n klei os se watsenaam is.
Lees voort “Vadersdag by Mattanu privaat wild reservaat, distrik Barkly Wes, Noord-Kaap”Boesmansnek, Drakensberge
Ek glimlag lekker toe ek hierdie foto sien. Want dit herinner my aan ‘n verlange wat ek gehad het. Om na ‘n vakansie-oord in die Drakensberge te gaan vir my verjaarsdag. Manlief het by Boesmansnek in die Natalse Drakensberge bespreek en ons het die kinders saam genooi.
Lees voort “Boesmansnek, Drakensberge”Ons ondersteun OFM se vetkoek projek in Vryburg
Ons stop mos altyd my Mams net buite Vryburg, so 130 km vanaf Kuruman. Vryburg is die eerste dorp waardeur ons ry op pad na Gauteng en teen daardie tyd het ek en die woewe ‘n lus vir bene rek. Hulle vir ruik aan alles om hulle. Wie het gewaag om oor hulle merke hulle merke te maak? En natuurlik vir nommer 1.
Lees voort “Ons ondersteun OFM se vetkoek projek in Vryburg”