Gepubliseer in Reisjoernaal

Ons ondersteun OFM se vetkoek projek in Vryburg

Ons stop mos altyd my Mams net buite Vryburg, so 130 km vanaf Kuruman. Vryburg is die eerste dorp waardeur ons ry op pad na Gauteng en teen daardie tyd het ek en die woewe ‘n lus vir bene rek. Hulle vir ruik aan alles om hulle. Wie het gewaag om oor hulle merke hulle merke te maak? En natuurlik vir nommer 1.

Verlede week het ons reeds Donderdag gery, want ons sou dogter se drie seuns oppas terwyl hulle Drakensberge toe gaan. Ons sou ook meenthuis in Pretoria soek om te huur. Toe besluit die virus om ons planne in die wiele te ry, iets waaroor ek later die week gaan skryf. Ook oor die huur gaan nie meer gebeur nie. Iets waaroor ek baie omgekrap is, ek het kosbare tyd aan niks spandeer. Laat ek liewer nie daaroor gesels nie …

Op pad na Vryburg luister my man na die radio en vertel dat OFM by Vryburg is. Gaan ons daar vetkoek koop? Waar sal dit te koop wees? Toe luister ek maar saam, om te hoor dat dit by Mams is – ons pitstop buite Vryburg.

Daar gekom, maak ons eers vol terwyl BB, Shilo en Bekka hulle ding doen. Toe ry ons deur die “stalletjies” om ‘n vetkoek te koop. Dit het R35 gekos, maar daar is vriendelik gevra of manlief kleingeld wil kry? Gelukkig het hy net R50 aangebied anders het die een vetkoek ‘n fortuin gekos, maar dit was darem vir ‘n goeie doel.

Moeilik om te glo, maar hulle het Donderdag meer as R54 000 daarmee ingesamel om komberse vir behoeftiges te koop.

Oulik is die naam van die projek, is dit nie?

Proe-jek in plaas van projek. Ek is mal oor woordspelinge.

Ek het nie geproe nie, is maar versigtig vir kos op die lang pad. Weet nie of daar melkerigheid of botter in is nie – ook nie watter soort meel nie. En dan is ek in die moeilikheid. Volgens my man as dit nie te sleg nie.

Wonder of nog iemand daar gestop het? Dit gaan blykbaar Donderdae in ander dorpe ook wees. Ek verbeel my Potchefstroom is volgende.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

9 gedagtes oor “Ons ondersteun OFM se vetkoek projek in Vryburg

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.