Vandag deel ek een enkele foto: ‘n Pragtige bos blomme wat my suster vir my ma se 81ste verjaarsdag bestel het.
Lees voort “‘n Pragtige bos blomme”Etiket: Suid-Afrika
As die son lui raak, is dit koud in die Kalahari
Is dit nie ‘n deeglike beskrywing van my lewe hier in die Kalahari nie. En ek kan natuurlik nie help om die ooreenkomste en verskille tussen my K-lande, streke en dorpe raak te sien nie. Hulle het een ding gemeen, as die son lui raak, is dit KOUD!
Lees voort “As die son lui raak, is dit koud in die Kalahari”Grappige karwas stories …
Ek het nou die dag so lekker gelag toe ek blogvriendin Una se karwas storie lees dat ek lus is om saam te gesels. Dankie, Una.
Lees voort “Grappige karwas stories …”Verleenthede op lughawens
Ek is op die oomblik besig met ‘n Bybel leesplan wat my sowaar laat lê het van die lag. Want ek kon die prentjie wat geskep is in my gedagtes voorstel. Verleenthede by lughawens. Daarvan het ek en manlief genoeg gehad die afgelope twee jaar.
Lees voort “Verleenthede op lughawens”Wit, witter, witste sneeu …
Verskeie bloggers vra die week dat foto’s gedeel word waarin wit die oorheersende kleur is. En elke keer trek die uitdagings my, want ek het, nadat ek 18 maande in Kazakhstan gebly het, duisende foto’s waarin wit die oorheersende kleur is.
Lees voort “Wit, witter, witste sneeu …”My Schnauzers dra kleertjies …
Kyk, daar is baie goed wat ek met my Schnauzers doen, hulle is mos my kinders. Maar jassies aantrek was nog nie deel daarvan nie, want hulle slaap sedert geboorte by ons in die huis.
Lees voort “My Schnauzers dra kleertjies …”