Goed, ek weet. Agteros kom ook in die kraal. Wens ek het dit in Suid-Afrika leer gebruik, dan hoef ek nie so te gesukkel het om die Russies te ontsyfer om te verstaan hoe dit werk nie.
Lees voort “Maggi sakkies in Qazaqstan”Etiket: reisjoernaalcvs
Pret en petaljes eerste twee weke in Almaty
Ons is nou twee weke in Almaty. Aan die een kant het die tyd gevlieg, aan die ander kant staan dit stil. Want dit wat ons die graagste wil doen, kan ons nie doen nie. Maar, dat ek dan maar van die pret en petaljes gedurende die eerste twee weke vertel.
Lees voort “Pret en petaljes eerste twee weke in Almaty”Ocean Basket in Almaty
Ons het in Maart 2020, net voor die grendeltyd begin het, in Almaty kom toer. Vir ‘n lang naweek. En toe ontdek ons Ocean Basket naby Almaty hotel in ‘n wandellaan. En ja, ons was verras, want is Ocean Basket nie eg Suid-Afrikaans nie? En hier kry ons een in Qazaqstan se hoofstad. Natuurlik moes ons daar gaan eet.
Lees voort “Ocean Basket in Almaty”Almaty, stad van pragtige sonsondergange
Ons woon op die 14de vloer van ‘n woonstelblok in Almaty. Sedert die 29ste Junie 2020. Ek weet, 8 in Öskemen was al klaar hoog. Veertien is baie hoog. Maar ek kon doodeenvoudig nie vir hierdie uitsig oor Almaty nee sê nie.
Lees voort “Almaty, stad van pragtige sonsondergange”As statistiek jou jou alie laat afskrik
Ek lees nog so lekker toe ek op die een aflom wat sê dat ek baie meer verkeer as gewoonlik kry.
Lees voort “As statistiek jou jou alie laat afskrik”So, wat doen ek in Qazaqstan?
‘n Afrikaanse tydskrif het my laas jaar gevra om iets oor ons lewe hier te skryf. Dit sou Junie geplaas word, maar toe tref die virusbeperking die land. Nou verskuif die tydskrif se fokus na Suid-Afrikaanse vrouens. Ek het dit nou teruggetrek.