Goed, ek weet. Agteros kom ook in die kraal. Wens ek het dit in Suid-Afrika leer gebruik, dan hoef ek nie so te gesukkel het om die Russies te ontsyfer om te verstaan hoe dit werk nie.
Hier is nie baie soorte speserye nie, dus raak mens gou moeg vir een soort geurmiddel vir vleis, hoender en aartappels. Hier is wel baie kruie, allerhande soorte, ek koop maar net wat ek ken. Em ons raak lus vir iets anders …
So koop ek toe Maggi se pakkies met die sakkie waarin die hoender gesit kan word.

As mens die alfabet ken, kan jy nogal uitmaak waarvoor elkeen is. En natuurlik as jy al die woorde ken vir hoender, vis en so aan. In die linkerkantste boonste hoek is die een vir ribbetjies en mens verstaan wat dit is as jy begin lees … robrushek – barbekyou!
Maar ek is nie Russies-geletterd nie verstaan nie hoe om dit gaar te maak.
Probleem opgelos, sny ek die pakkie oop, gebruik die speserye en bêre die klein opgerolde sakkies wat in die boonste deel van die pakkies is. Mens mors darem nie so nie, dalk kan ek dit iewers gebruik.
Toe ek eers hier in Almaty lus lus raak om die kontrêpsie te probeer en nie kan verstaan hoe om dit te doen nie, is ek geïrriteerd oor die gebrek aan illustrasies wat baie sou kon help.
Mevrou Google is egter baie vrygewig met raad toe sy geraadpleeg word met die vraag: Hoe gebruik ek die Maggi pakkies? Een video en ek verstaan die proses wat waarskynlik ook gesond is.
Stel oond op 180 grade Celius.
Sit die hoender net so in die sakkie, gooi die speserye in, skud goed, sit sonder water in ‘n bak, steek drie gaatjies in. En bak vir 1 uur lank.
Ek volg mos nie resepte tot die letter nie, maar, die man se metode het sin gemaak. En as hy nie gejok het nie, het die hoender heel skaflik sonder water gebak.
Ekmwas nie bekommerd oor taai of nie, Qazaqstan se hoenders is heerlik sag, maak nie saak waar ek koop nie. Meer as wta ek van skaap as bees kan vertel.
Die waterlose proses het verdag gevoel, maar na ‘n uur was ek heel verras toe heerlik gegeurde hoenderporsies uit die oond kom.
Niks het nêrens aangebrand nie, die bak kan amper sommer met koue water gewas word. Dit is juis een van die redes waarom ek selde hoender in die oond bak, die gesukkel om die glasbak daarna weer mooi skoon te kry. En natuurlik spatsels in ‘n oond wat nog moeiliker skoon kom.
Hierdie bak kan sommer in die skottelgoedwasmasjien gesit word om skoon te kom. En die oond is skoon, alle spat was in die sakkie. Hier het ek sowaar nou due dag per ongeluk van die sakkies op rol gekoop, ek dog dit is waspapier. Nou het ek ‘n behoorlike voorraad van die sakkies, wat mens kan sny in die grootte wat jy verlang.
Waarom het ek nooit geleer om die lekker manier van kosmaak in Suid-Afrika te beproef nie? Kon my baie frustrasie gespaar het.
Dan onthou ek.
Wat sou ek nou kon vertel as ek nie moes vertel dat ek my poegaai moes sukkel om die instruksies te probeer ontsyfer uit Russies nie. Die Qazaq help nog minder, Russies is nader aan Afrikaans as wat mens sou dink, maar nie naby genoeg om my te help om te verstaan hoe om die sakkies te gebruik nie. Buitendien, wat help dit om ‘n woord te ken en hy kry soveel agtervoegsels sodra hy gebruik word dat ek hom nie in ‘n sin herken nie?
Mooi taal, as ek dit eendag wel sal verstaan. En kan praat. Ek moet nog daaraan werk.
En om te kan praat raak nodig, ek vertel later van my frustrasie met die gebrek aan woorde om my saak te stel.
Mmm ek is nou lus vir daardie hoender!
LikeLike
Dit is regtig lekker, die een is nogal kerrie. Maar die Qazaqs hou nie van brandkos nie, dus ruik dit soos kerrie en eet ek lekker saam.
LikeLiked by 1 person
Ek het nou lekker gelag want dit is die enigste manier wat ek gebruik om hoender in die oond te bak. Ek onthou die eerste keer – jare gelede – was ek bekommerd dat die sakkie oor die hoender sou smelt. Die een keer so gebruik was die begin van elke keer!
LikeLike
Ek ook, gedink dit gaan nie werk sonder water nie. Dit is ‘n heerlike, skoon manier van kosmaak in die oond.
LikeLiked by 1 person
Dit klink lekker en maklik.
LikeLike
Baie maklik, en baie skoon oond en bak daarna. Sommer die moeite werd as jy self huis skoonmaak.
LikeLiked by 1 person
So gebakde hoendertjie is darem maar lekker hoor
LikeLike
Bondels, jy vertel my! En ek ontdek dit eers hier.
LikeLike
Ek het dit gereeld gebruik toe ek nog n groot familie gehad het wat die hele hoender kon opeet….lanklaas dit gedoen. Dit is inteendeel heerlik en maklik
LikeLike
Haai Woordnoot, ek sit sommer twee boudjies en drie vlerkies in vir ons tweetjies, ons kan ook nie ‘n hoender opeet nie. Manlief dink in elk geval hoender is groente en groete is kos vir bokke. Dus kan ek hom nie te veel daaraan blootstel nie, al is ek gek oor hoender. Hier in elk geval …
LikeLike
Ek gaan dit oolk weer doen. Daai hoender raak is in elk geval murgsag as dit uit daai sakkie kom. Nog ‘n plan met daai baksakkie is om patats, wortels uie groot stukke butternut in te gooi en deeglik met soet rissie sous toe te gooi…bak teen lae hitte want die soet brand gou vas. Lekkerste lekker!
LikeLike
Oe, ek gaan dit môre doen.
LikeLike
Dankie, Woordnoot!
LikeLike